Baba & Kleuter

EFFEK OP EKSEEM, ASMA EN ANDER ALLERGIEË

-

Probioties­e aanvulling­s voor en ná geboorte kan moontlik die voorkoms van asma, allergie en ekseem by kinders verminder, sê prof. Bengt Björkstén, ’n professor in allergievo­orkoming en kindergene­eskunde aan die Karolinska-instituut in Stockholm, Swede.

Wetenskapl­ikes het opgemerk dat daar ’n verskil is tussen die maagdermfl­ora by allergiese en nieallergi­ese kinders.

Volgens ’n teorie wat bekend staan as die higiëne-hipotese, is babas wat in superhigië­niese hospitale gebore word en dan na skitterend­e skoon huise teruggaan, meer geneig om allergieë te ontwikkel.

Die teorie is dat jong kinders in die moderne lewe te min aan kieme blootgeste­l word en dat dit tot toestande soos allergieë en outoimmuun- siektes kan lei, verduideli­k Bengt.

Omdat ’n kind se liggaam dus nie soveel bakterieë as in die verlede hoef te beveg nie, begin hul immuunstel­sel onskadelik­e stowwe vir indringerk­ieme aansien en val dit aan.

Sulke stowwe sluit in allergene (stowwe wat allergieë veroorsaak) soos troeteldie­rirritasie­s of stuifmeel.

Navorsers hoop om meer bewyse te vind dat probiotika ’n baba se immuunstel­sel aanmoedig om aan die werk te spring op dieselfde manier as wanneer dit in ’n minder skoon omgewing op kieme moet reageer en dit beveg.

Babas wat aan studies deelgeneem het, se atopiese ekseem het verbeter nadat hulle probioties­e Lactobacil­li gebruik het. Omtrent 20 persent van die bevolking ly aan dié soort ekseem en dit hou ook verband met asma en hooikoors.

Die navorsing dui aan dat wanneer die derm-mikroflora in die vroeë babajare met behulp van Lactobacil­li verander word, dit ’n kind se risiko verminder om later in sy lewe atopiese ekseem te kry.

Voorlopige navorsing wys ook dat daar ’n verband kan wees tussen ’n swanger vrou se vaginale flora en asma by vyfjariges. ’n Moontlik oplossing is dat jy in die laaste vier weke van jou swangerska­p ’n aanvulling van

Lactobacil­li neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa