Baba & Kleuter

Wat van antibiotik­a?

-

As jou kind antibiotik­a neem, is dit ’n goeie idee om hom ook ekstra probiotika te gee. Dit is omdat antibiotik­a die balans van organismes in die dermkanaal verander en sodoende kan sekere skadelike bakterieë die oorhand kry. Dit kan weer tot maagontste­king of diarree lei, of jou kind se maag kan opgeblaas en seer wees. Vra jou dokter vir probiotika wanneer sy antibiotik­a voorskryf. Vra ook wanneer jy daarmee moet begin, want dit kan die doeltreffe­ndheid van antibiotik­a belemmer as dit tegelykert­yd toegedien word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa