Baba & Kleuter

BLINK IDEE VIR BABAS

-

Thula Baba Basket is die breinkind van Lisa Swanepoel van George in die Wes- Kaap, ’n ma van vyf wat nog tyd kry om haar oor ander ook te ontferm. Dit behels ’n veilige plek waarin ’n nuwe baba kan slaap in die vorm van ’n baie stewige kartonboks, wat afgelewer word gevul met alles wat ’n ma nodig het om haar baba mee te versorg. Die boks is omgewingsv­riendelik en het ’n hipoallerg­eniese matras met ’n wig sodat baba in haar eerste ses maande (of tot 8 kg) veilig kan slaap. Daarna kan ouers die boks hou vir speelgoed af as ’n herinnerin­gsboks.

Lisa sê baie meer as die helfte van babas wat elke jaar in Suid-Afrika gebore word, kom uit behoeftige huise. Gaan na thula- baba.co.za om te koop of te skenk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa