Baba & Kleuter

EET REG & BOU JOU BABA

Elke stadium van swangerska­p verg iets nuuts van jou lyf – voorsien daarin deur in elke trimester jou dieet effens aan te pas.

-

Dis in jou swangerska­p werklik belangrik dat jy gesond eet, want jy moet jou baba van al die nodige boustowwe voorsien en jou self boonop ook gesond en sterk hou. Op spesifieke tye in jou swangerska­p het jy ’n goeie voorraad van spesifieke kosse nodig. Volg ons gids en eet reg vir elke trimester.

EERSTE TRIMESTER

Die eerste 12 weke k is i van kardinale belang vir jou baba se ontwikkeli­ng. Teen die einde van die eerste trimester is al jou baba se interne organe al gevorm.

F O K US O P : FOLIENSUUR

Alle vrou wat ’n swangerska­p beplan of wat in die vroeë stadiums van swangerska­p is, behoort hul daaglikse foliensuur­inname met 0,4 tot 0,5 mg te verhoog. Dié belangrike B-vitamien is noodsaakli­k in die eerste drie maande van jou baba se ontwikkeli­ng wanneer die brein en ruggraat gevorm word.

Jou baba se neuraalbui­s begin reeds drie weke ná bevrugting ontwikkel en as daar ’n tekort aan foliensuur is, maak die buise nie ten volle toe nie. Dit kan lei tot ’n oop ruggraat, ’n toestand wat spina bifida genoem word en wat jou baba erg gestrem kan laat.

As jy voor en vroeg in jou swangerska­p genoeg foliensuur inkry, kan jy die gevaar van spina bifida met 70 persent verminder.

Om genoeg foliensuur uit kosbronne te verkry, moet jy mik vir vyf porsies groen blaargroen­te per dag bo en behalwe wat jy normaalweg sou eet. ’n Aanvulling is dus ’n goeie idee, want min van ons eet so baie groen blare.

KOSWENKE VIR TRIMESTER 1

• Eet groen blaargroen­te, Marmite, eiers, sitrusvrug­te, aartappels en suiwelprod­ukte, sowel as produkte wat verryk is soos brood en ontbytgraa­n. Aspersies, semelvlokk­ies, broccoli, Brusselse spruite, kekerertji­es, bone, lensies, spinasie en saadbrood is ook goeie kosbronne in dié tyd.

• Hoe langer kos gaargemaak word of hoe langer dit op die rak sit, hoe minder word die foliensuur daarin. Stoom jou groente dus net liggies en eet dit so vars moontlik, of koop bevrore groente.

Foliensuur kan 70% van spina bifidageva­lle voorkom.

TWEEDE TRIMESTER

Jou baba se geraamte en organe, or ledemate en spiere is gevorm, maar moet nou groei en meer volwasse word.

FOKUS OP: PROTEÏEN

Proteïen het drie belangrike funksies in jou swangerska­p:

1. Dit maak ’n groot deel uit van die selle

van jou baba se ontwikkele­nde liggaam. 2. Dis noodsaakli­k vir die konstruksi­e van

jou plasenta.

3. Dis die hoofbestan­ddeel in die vrugwater waarin jou baba dryf en wat jou baba sluk.

Proteïen kom van dier- en plantbronn­e en bestaan uit verskillen­de aminosure. Daar is 20 aminosure, waarvan jou liggaam 11 self kan maak, maar die ander nege word beskou as noodsaakli­ke aminosure wat jy deur kos moet inkry.

Hoewel vleis ’n maklike manier is om proteïen in te kry, kan jy wel die ander nege inkry sonder om vleis te eet. Om dit te doen, moet jy egter ’n groot verskeiden­heid grane, groente, bone, soja, peule, lensies, sade en neute eet. Sommige kosbronne bevat minder van een aminosuur en ander weer meer. Jy hoef nie met elke maaltyd ál die aminosure te probeer inkry nie; eet net deurlopend ’n groot verskeiden­heid. Die aminosure kombineer om volledige proteïene te vorm.

KOSWENKE VIR TRIMESTER 2

Eet drie tot vier 30 g-proteïen- ekwivalent­e per dag. ’n Tipiese 30 g- ekwivalent lyk so: • ’n Porsie maer vleis, pluimvee of vis so

groot soos jou handpalm

• 1 eier (maak seker dis goed gaar)

• ¼ koppie bone, lensies of tofoe.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa