Baba & Kleuter

DERDE TRIMESTER

-

J Jou baba se brein ontwik- ontwik kel nou vinnig en sowat 70 persent van die breinselle van ’n volwassene se brein word nou al gevorm.

F O K US O P : NOODSAAKLI­KE VETSURE

Langkettin­g-polionvers­adigde vetsure maak 20 persent van jou baba se breingewig uit. Noodsaakli­ke vetsure soos omega 3’s en 6’e word in visolie gevind. Olierige vis sluit in makriel, haring, salm, forel, sardyne en sardientji­es, en bevat 10 tot 100 keer meer van die noodsaakli­ke vetsure as ander bronne soos neute, sade, heelgraanp­rodukte en donkergroe­n blaargroen­te. Die vetsure kom ook voor in sonnebloms­ade, sesamsade, pampoensad­e, amandels, okkerneute en sojabone.

’n Omega 3-tekort in jou swangerska­p kan sleg wees vir jou en jou baba. Jou baba kry sy omega 3’s van die kos wat jy eet. Die voedingsto­wwe bereik hom deur die plasenta en help hom groei en ontwikkel. As jy egter nie genoeg daarvan eet nie, neem jou baba dit uit bronne wat in jou lyf geberg is. Navorsers bespiegel dat dié bergplek in jou brein is, en dat jy tot 3 persent van jou breinselle so kan verloor!

Omega 3-tekorte tydens swangerska­p word gekoppel aan:

• ’n Groter kans vir nageboorte­like depressie,

• ’n Groter kans dat jou baba met ’n lae gewig gebore word, en

• ’n Groter kans dat jy vroeg kraam of ’n keisersnee moet kry.

Die regte hoeveelhei­d omega 3’s het langtermyn­voordele vir jou en jou baba. Studies het al gewys dat babas wat in die baarmoeder genoeg daarvan gekry het, beter kan konsentree­r en ook beter kan sien as kinders wat nie genoeg gekry het nie. Die kinders wat genoeg gekry het, se ontwikkeli­ng was oor die algemeen ook twee maande vooruit in vergelykin­g met dié wat dit nie gekry het nie.

NOG VOORDELE

• Die kans vir latere ontwikkeli­ngs

en gedragspro­bleme is kleiner, en

• Die kans vir latere bors- of prostaat

kanker is kleiner.

KOSWENKE VIR TRIMESTER 3

• Eet ten minste drie keer per week

olierige vis.

• Olyfolie, asook sonneblom-, sesam- en pampoensad­e bevat ook noodsaakli­ke vetsure.

Studies het gewys dat babas wat genoeg omega

3’s in die baarmoeder gekry het, later beter kon sien en konsentree­r as dié wat nie genoeg gekry het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa