Baba & Kleuter

Beste VOETJIE VOOR!

Om ’n entjie te gaan stap, is meer voordelig as wat jy dink. Word so fiks!

-

Dit is belangrik om tydens jou swangerska­p met ’n oefenroeti­ne voort te gaan, of jy nou gek oor oefening was voor jy swanger geraak het of nie.

Stap hou talle voordele vir jou liggaam in. Dit gee oefening aan die meeste van jou gewrigte, ligamente en spiere.

Dit verhoog jou hartklop tot ’n gesonde vlak wat jou fikser maak en jou hart gesonder hou.

Dit het nie dieselfde stamp-impak op gewrigte wat voluit hardloop het nie. Dis ook ’n goeie manier om jou gedagtes helder te kry en van stres ontslae te raak.

Voor jy wegspring is dit belangrik, soos met enige oefening, om dit eers met jou dokter te bespreek.

As dit jou dokter se goedkeurin­g wegdra, sal ons eenvoudige program jou help om stapintens­iteit op te bou terwyl jou liggaam oor die drie trimesters aanpas.

Onthou om te belê in ’n paar goeie stapskoene wat jou voete en enkels ondersteun, smeer sonskerm aan om jou vel te beskerm en neem altyd ’n waterbotte­l saam om ontwaterin­g te voorkom.

Maak seker jy loop op ’n veilige plek of saam met iemand anders. Bly ook van die paaie af en stap eerder op sypaadjies om motors te vermy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa