Baba & Kleuter

INTERMEDIÊ­R Jy is aktief, maar oefening is sporadies

-

Hoe fikser jy was voor jy swanger geword het, hoe vinniger kan jy daarna mik om ses dae per week te stap.

Begin met 20 minute per dag, vier dae per week.

As jy gereed voel (ná vier of vyf weke), voeg ’n vyfde dag by en dan ’n sesde. Verhoog ook elke keer die duur van elke oefensessi­e met ’n paar minute.

JOU DOELWIT Probeer om teen die einde van die trimester 20 tot 40 minute per dag, ses dae per week, te loop.

Jy is gereed om jou stapsessie­s geleidelik te verleng en die pas te verhoog. Maak seker dat jy jou nie ooreis as jy moeg voel nie.

As jy die program in die tweede trimester begin: Begin met 20 minute per dag, vier tot ses dae per week.

Voeg geleidelik elke tweede dag ’n paar minute by sodat jou totaal op daardie dae minstens 30 tot 40 minute is.

As jy een of twee keer per week daarvoor kans sien, kan jy in die middel van jou oefensessi­e jou RPE vir 10 tot 15 minute met een vlak verhoog (kyk na “Lees voor jy begin” op die vorige bladsy).

JOU DOELWIT Probeer om teen die einde van die trimester 25 tot 40 minute per dag, vyf tot ses dae per week te stap, en verhoog jou spoed met een of twee stapsessie­s.

Mik na vyf tot ses dae per week, maar wees bereid om dit af te skaal namate jou maag swel.

As jy hierdie program eers in jou derde trimester begin: Begin met 10 minute per dag, vier tot ses dae per week.

As jou energie afneem, verminder die duur van jou oefensessi­es of verdeel dit in korter sessies.

Probeer om dieselfde hoeveelhei­d stapminute per week te handhaaf as aan die einde van die tweede trimester, maar aanvaar dat jou pas – en dus die afstand wat jy gaan aflê – sal afneem.

JOU DOELWIT Probeer om teen die einde van die trimester 15 tot 30 minute per dag, vyf tot ses dae per week, te stap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa