Baba & Kleuter

GEVORDERD Jy is fiks en oefen vier of meer keer per week

-

Selfs as jy getrou oefen, kan dit jou moontlik pas om na ’n stapprogra­m met ’n lae impak oor te skakel.

Begin deur 20 tot 30 minute per dag, vyf dae per week, te loop.

As jy gereed voel, voeg ’n sesde dag by en vermeerder die duur van elke stap met ’n paar minute elke dag.

As jy dit baasraak, voeg ook heuwels, trappe en vinniger sessies (intervalle) by, maar hou jou RPE op 7 of laer (kyk na “Lees voor jy begin” op die vorige bladsy).

JOU DOELWIT Probeer om teen die einde van die trimester 30 tot 60 minute per dag, ses dae per week, te loop.

As jy goed voel, gaan voort met die duur van jou stapsessie­s.

As jy in die tweede trimester met die program begin: Skop af met 30 tot 40 minute per dag, ses dae per week.

Kies een dag en mik na 50 minute met heuwels en intervalle, maar moenie ’n RPE van meer as 7 aandurf nie.

Verleng jou korter stapsessie­s tot jy 40 tot 50 minute stap op elk van die oorblywend­e vyf dae.

JOU DOELWIT Probeer om teen die einde van die trimester 40 tot 50 minute per dag, vyf dae per week en 60 minute per dag, een dag per week, te stap.

In hierdie trimester is die belangriks­te om gemaklik te bly. Die fokus bly dus daarop dat jy bloot aktief is.

As jy in die derde trimester met die program begin: Begin met 20 tot 50 minute per dag, vier tot ses dae per week.

Vergeet van spoed en afstand, en moenie ’n RPE van meer as 7 aandurf nie.

Verdeel jou oefensessi­es in korter sessies as dit vir jou gemakliker is.

JOU DOELWIT Probeer om teen die einde van die trimester 25 tot 50 minute per dag, vyf tot ses dae per week, te stap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa