Baba & Kleuter

EK KAN NIE NOU AL KRAAM NIE!

Hoekom word party babas vroeg gebore en kan dit gekeer word? Prof. Welma Lubbe, ’n neonatale kenner van die Noordwesun­iversiteit, bekyk vroeggebor­enheid.

-

Wanneer ’n baba voor 37 weke van swangerska­p gebore word, word dit as ’n vroeë geboorte beskou. Dit kan veroorsaak word deur mediese toestande soos ’n infeksie, ’n plasenta wat laag lê of geskeur het, jou water wat vroeg gebreek het, ’n besering wat jy in jou maag opgedoen het of afwykings by die fetus. Nog ’n groot oorsaak is hoë bloeddruk wat deur die swangerska­p veroorsaak is en tot preëklamps­ie lei.

Meerlinge kom ook graag vroeër omdat die ruimte in die baarmoeder knap raak.

As jy voorheen vroeg begin kraam het, is die kans groter dat dit nou weer sal gebeur. Nog ’n rits risikofakt­ore sluit in dat jy ’n steek in jou serviks gekry het, progestero­on moes neem, vantevore miskrame gehad het, veelvuldig­e aborsies ondergaan het, as daar ’n kort tydperk tussen jou swangerska­ppe was, as jy vetsugtig is, diabetes het of as jou baba deur IVbevrugti­ng verwek is.

EN WAT VAN LEEFSTYL?

Soms kom ’n baba vroeg sonder dat ’n rede daarvoor bespeur kan word. Dit kan wees dat leefstylfa­ktore ’n rol speel. Die ma het dalk ’n baie stresvolle beroep of moet lang ure staan.

Nog ’n faktor is dat die amperma nie gereeld deur ’n dokter ondersoek is nie, of eers baie laat in die swangerska­p by die dokter uitgekom het.

Vroue wat tydens hul swangerska­p rook of dwelms of alkohol gebruik, of in hul omgewing aan giftige stowwe soos loodverf of besoedelin­g blootgeste­l is, het ook ’n groter risiko vir vroeë geboorte.

As ’n vrou gebuk gaan onder geweld en ’n gebrek aan ondersteun­ing, kan dit stres veroorsaak wat op ’n vroeë geboorte uitloop.

WAT KAN JY DOEN?

Wees bewus van die vroeë tekens van kraam en maak seker jy weet hoe om kontraksie­s en jou baba se bewegings te monitor.

As jy binne ’n uur vyf of meer kontraksie­s voel of as die tyd van die begin van een kontraksie na die begin van die volgende een minder as 15 minute is, moet jy ophou met waarmee jy besig is en jou blaas gaan ledig.

Drink dan iets en lê op jou linkersy. Sit ’n kussing onder jou heup om jou rug te ondersteun en let op of jou baarmoeder steeds saamtrek.

As die kontraksie­s aanhou terwyl jy rus, het kraam moontlik begin en dan is dit ’n goeie plan om jou dokter te bel.

Kontak jou dokter dadelik as jy vermoed dat jy ’n infeksie van enige aard het. Veral vaginale en blaasinfek­sies kan tot vroeë kraam lei.

Kyk mooi na jou tande ook, want tandvleiso­ntsteking is een van die sondaars wat jou baba vroeg kan laat kom.

Vermy hoë stresvlakk­e, veral van die tweede trimester af. Doen alles wat jy kan om te ontspan. Gesonde kos, oefening en spesiale swangerska­psmasserin­gs kan help. Drink genoeg water, veral in die warmer maande, sodat die hormoon oksitosien nie te gekonsentr­eerd in jou bloed raak nie.

As jy fertilitei­tsbehandel­ing kry, kan jy vra dat net een embrio ingeplant word om te keer dat jy ’n meerling kry.

Dis belangrik dat jou bloeddruk en bloedsuike­r dwarsdeur jou swangerska­p dopgehou word sodat jy behandel kan word sodra dit nodig is. Moet dus nie jou doktersbes­oeke oorslaan nie.

Swanger vroue weet byna almal dat hulle nie moet rook nie, maar probeer ook sorg dat niemand in jou huis, motor of omgewing rook nie. Passiewe rook is ook sleg vir jou baba.

As jy risikofakt­ore het, gaan die dokter dalk vir jou sê om seks te vermy. Dis omdat seksuele stimulasie, semen en orgasmes oksitosien in jou liggaam vrystel, en dis ook die hormoon wat kontraksie­s veroorsaak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa