Baba & Kleuter

IS MY KRAAMDATUM KORREK?

- DR. JP DU BUISSON GINEKOLOOG EN VERLOSKUND­IGE

V Ek is volgens my ginekoloog 12 weke swanger. Ek verstaan nie hoe hy dit uitwerk nie, want ek het ’n ander datum in gedagte gehad. Tel ek die dae vandat ek laas seks gehad, geovuleer of gemenstrue­er het? Hoe kan ek uitwerk presies hoe ver swanger ek is?

A DR. JP DU BUISSON ANTWOORD:

Swangerska­psduurte word bereken vanaf die eerste dag van jou laaste normale maandstond­e. Die gemiddelde swangerska­psduurte is 280 dae, oftewel 40 weke. Dié berekening sluit egter ’n paar aannames in, soos dat jou siklus 28 dae lank is en dat jy op dag 14 geovuleer het. Vroue het gemiddeld ’n siklusduur­te van 28 dae.

Jou laaste maandstond­e word gebruik in die berekening omdat ’n mens dit uiteraard makliker kan bepaal as die dag van ovulasie. As jy weet op watter dag jy geovuleer het, kan jy dan sê dat jou verwagte datum van verlossing 266 dae ná ovulasie sal wees.

Om verwarring uit te skakel, word

daar egter aanvaar dat die meeste vroue se siklus 28 dae lank is. Deesdae verwys ons ook na swangerska­psduurte in weke eerder as in maande.

Daar is twee situasies waar die swangerska­psduurte van die uiterste belang is en daarom is dit belangrik dat jy en jou ginekoloog teen 12 tot 14 weke op jou verwagte verlossing­sdatum ooreenkom.

Swangerska­psduurte is van belang wanneer dit kom by lewensvatb­aarheid, wat in Suid-Afrika beskou word as 26 weke en 0 dae.

Dis ook belangrik om jou verlossing­datum te bepaal, byvoorbeel­d as jy besluit het op ’n elektiewe keisersnee.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa