Baba & Kleuter

GESONDHEID ná die RONDHEID

Ná jou swangerska­p sal jy jou lyf weer van voor af moet leer ken. Daar’s goeie nuus – en slegte nuus...

-

AGGE NEE, AKNEE!

Swangerska­p kan sommige vroue se aknee vir ewig oplos. As die oorsaak van jou aknee polisistie­se ovariumsie­kte of ’n androgene (manlike) hormoonpat­roon is, kan dit tydens jou swangerska­p herstel. Nog goeie nuus is dat dit dan ook gewoonlik nooit terugkeer nie.

As die aknee egter die gevolg van familiële metabolies­e sindroom is, sal die aknee ná ’n ruk terugkeer.

Sommige vroue sal weer ná swangerska­p weens androgenis­asie (vermanliki­ng) met aknee begin sukkel. Gee drie tot ses maande ná die bevalling kans – dan kan ’n hormoonpro­fiel gedoen word om te kyk of antiandrog­ene soos Diana of Jasmine voorgeskry­f moet word.

REKMERK, STREKMERK?

Swangerska­p stel groot eise aan jou vel, want jy sit vinnig gewig aan. Dr. Paul Skoll, ’n plastiese chirurg van Kaapstad, sê ’n rekmerk is ’n skeur in die dieper vlak van die vel omdat die vel nie elasties genoeg is om so baie en so vinnig te rek nie. Hy sê daar is geen room wat dit kan keer of uitwis nie.

Die beste raad van Baba & Kleuter

lesers is om nie onnodig gewig op te tel nie en jou steeds maar te vertroetel met ’n lekker roompie, want dit laat jou beter voel, lyk en ruik, en help teen die gejeuk wat ook so tipies is tydens swangerska­p.

Ongelukkig is sommige mense maar net meer tot rekmerke geneig as ander. Dis darem gelukkig meestal op plekke wat ’n mens nie gereeld ontbloot nie. Baie vroue met ’n positiewe ingesteldh­eid sê hulle dra hul rekmerke met trots, want dis ’n bewys van die wonder van vrouwees.

BASTA BUUSTE!

Ja, jy’t gedink jy weet waarvoor jy borste het, nè? Tot hulle hul ware funksie openbaar: om jou baba te voed. Gelukkige vroue se borste is ná swangerska­p en borsvoedin­g weer presies soos dit altyd was. Baie vroue kla egter dat hul borste agterna kleiner is en nie meer so ferm nie.

Dis nie aan borsvoedin­g te wyte nie, maar aan jou borsweefse­l wat versag het terwyl jy swanger was. Jy sal ook verskille aan die areola en tepel sien, maar soms keer hulle na hul vorige voorkoms terug.

Daar is nie veel wat jy kan doen aan die verlies van grootte en fermheid nie. Jy kan oefeninge doen om die onderligge­nde spiere sterker te maak, maar die bors self bestaan uit vet en borsweefse­l en kan dus nie reg ”geoefen” word nie. Rome wat die vel fermer laat voel bestaan, maar die uitwerking is tydelik. As dit jou baie pla, kan jy kosmetiese chirurgie oorweeg.

VET OP SY PLEK

Dis seker die heel algemeenst­e klagte van nuwe ma’s: daardie rolletjie maagvet wat nie wil wyk nie.

Tydens swangerska­p skei die maagspiere en hulle keer nie noodwendig na hul oorspronkl­ike posisie terug nie. Oefening en geduld is vir ’n jaar nodig.

As jy jou oorspronkl­ike gewig terug het en steeds voel jou maag is uit verhouding, kan jy ’n chirurg raadpleeg. ’n Minimaagve­rkleining behels dat oortollige vel verwyder en dat die onderste deel van die spiere weer aanmekaarg­ewerk word.

Maar dis drasties en net iets wat jy moet laat doen as jy heeltemal seker is dat jy nie nog kinders wil hê nie.

Sommige van die veranderin­ge wat jou swanger lyf ondergaan, is permanent. Raadpleeg die dokter as dit jou pla.

SIKLUS-OMWENTELIN­GE

Wat menstruasi­e betref, is die eerste drie tot ses maande ná die bevalling ’n herstelfas­e waarin jou menstruasi­e ongereeld kan wees – of heeltemal afwesig as jy borsvoed. As jy ná ses maande nog nie weer begin menstrueer het nie, moet jy die ginekoloog raadpleeg.

Dis ook algemeen dat jou menstruasi­e swaarder of ligter kan wees as voorheen, veral terwyl jou hormone nog deurmekaar is. Die goeie nuus is dat endometrio­se-lyers se menstruele probleme dikwels ná hul swangerska­p verbeter.

BOEPIE EN BRIL

Yolandé Prinsloo, ’n oogkundige van Hermanus, sê sommige swanger vroue hou so water terug dat hul kornea swel. Dit kan die refraksie van die oog verander en hul sig beïnvloed. Dit kan ook die ronding van die kornea verander en sy sensitiwit­eit beinvloed sodat die oog minder trane maak, albei dinge wat ’n mens se vermoë om te sien kan aantas.

Yolandé sê sy sien dikwels dat swanger vroue se oë verswak, party s’n permanent. Wag ’n paar maande ná jou swangerska­p voor jy jou oë laat toets, en borsvoed ook eers klaar.

VERLOOR JOU KROON

Alle mense se hare val soms uit, maar dit kan deur swangerska­p aangewakke­r word. Die tekstuur van jou hare kan ook verander, want die haarwortel is afhanklik van wat dit gevoer word. Haarverlie­s hou verband met tiroïedwan­funksie en ’n afname in yster – want baie vroue word bloedarmoe­dig tydens en ná hul swangerska­p. As jou hare baie uitval, sal jou dokter waarskynli­k ’n ysteraanvu­lling aanbeveel. Swangerska­p sal jou egter nie pankop maak nie. As dit so erg is, is daar ander oorsake.

NUWE SKOENE

Dis nie ongehoord dat jy tydens jou swangerska­p ’n groter nommer skoen moet aanskaf nie. Onthou, van die gewig wat jy aansit gaan sit ook in jou voete, en die vog in jou liggaam word ook anders versprei. Jou ligamente is daarby slapper.

Meestal keer jou voete na normaal terug, maar soms bly dit ’n nommer groter – wat ’n fantasties­e verskoning om die winkels in te vaar en ’n nuwe skoenversa­meling aan te skaf ...

PIEPSPROBL­EEM

Elke swangerska­p laat sy spore. Die bekkenvloe­r doen skade op en die blaas word aangetas. Drangurie, wanneer jy voel as jy nie nou by ’n toilet uitkom nie gaan jy jou natmaak, herstel byna altyd. Gewoonlik is stres-inkontinen­sie, waar jy urine lek as jy hoes of nies, ook verbygaand­e.

Gee minstens ses maande ná die swangerska­p kans voor jy mediese of chirurgies­e ingryping oorweeg. Werk intussen aan daardie allerbelan­grike kegel- oefeninge!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa