Baba & Kleuter

VAT DIÉ SITUASIES VAS

-

Ons bekyk ’n paar tipiese oorsake van skuldgevoe­lens en Ilze deel raad.

EK SOEK T YD VIR MYSELF! Monica de Beer van Kaapstad vertel sy wou nooit haar baba by haar ma of skoonma los nie. “Ek het gevoel of ek haar dan afskeep. Ek het later geleer dat ek tyd vir myself en my verhouding met my man nodig het.”

WENK Jy sal beter na jou baba kan omsien as jy self meer energie het, beter slaap en gelukkig is.

EK MOET TERUGGA AN WERK TOE

“Ek het aan die begin omtrent elke oggend gehuil as ek my baba moes aflaai,” vertel Chantel Eckhard van Roodepoort. “Ek het so sleg gevoel dat ek daardie hulpelose bondeltjie by iemand anders moes los. Dit was absolute hel.”

WENK Werk is een van die hoofredes waarom vroue skuldig voel. Jy voel skuldig as jy by die werk is en weer skuldig as jy by die huis is en eintlik baie werk het. Kry perspektie­f en fokus op die positiewe. Sê vir jouself: Ja, dis nie vir my lekker om my kind by ander mense te los nie, maar dit is goed dat my kind ander mense leer ken. So leer hy om ook op ander mense staat te maak en dit help hom om verhouding­s met ander te smee.

EK IS NIE ’ N PERFEK TE MA NIE

“Ek voel skuldig omdat my huis altyd omgekrap is en ons permanent kitskos eet,” kla Elsabe Conradie van Ventersdor­p in Noordwes.

WENK Daar is vandag soveel druk op vroue om ’n perfekte ma te wees. Ons

leef in ’n era waarin ons toegang tot ’n wye verskeiden­heid bronne van inligting het. Boeke vertel jou wat om te doen en TV- programme wys ons die illusie van ’n ma met perfekte grimering, golwende hare, ’n laggende baba en ’n fynproewer­ete op die tafel. Die werklikhei­d is egter myle daarvan verwyder.

Vertel jouself elke dag dat jy ’n goeie ma is. Wees net goed genoeg – nie perfek nie!

EK VOEL SKULDIG OOR MY ANDER

KINDERS “Ek het ongeloofli­k skuldig gevoel omdat ek kort van draad met my oudste was en ons ook nie meer soveel tyd saam kon deurbring nie,” onthou Mandy Brown van Durbanvill­e in Kaapstad. “My dogter was drie en het dikwels gehuil dat ek haar moet optel, maar dan moes die baba weer gevoed word. Dit het my hart gebreek en my soos ’n monster laat voel.”

WENK Wees realisties en besef jy kan nie ewe veel aandag aan jou baba en ander kinders bestee nie. Vra dus hulp en laat jou maat met die versorging van die baba help sodat jy ook spesiale bindingsty­d saam met jou ander kinders kan deurbring.

EK HET NIE MEER TYD VIR MY

MAN NIE ’n Baba het ’n geweldige impak op jou huwelik en ma’s voel dikwels skuldig omdat hulle meen hul liefdesver­houding ly onder die nuwe baba en hulle het nie tyd of lus vir seks nie.

WENK Probeer om nou en dan, selfs net vir ’n uur, iets saam te doen en in die aand tyd te maak om oor jul dag te gesels. Deel jou frustrasie­s en bekommerni­sse met jou maat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa