Baba & Kleuter

VORM MY & MAAK

-

’n Mens dink aan die skedel as klipharde been, maar jou pasgeboren­e se skedel is betreklik sag en vormbaar. Daar is voordele en nadele aan dié plooibaarh­eid.

Dis nie ongewoon om ’n nuwe baba te sien wat ’n vreemde kopvorm het nie, veral as die mensie nie baie hare het nie. Soms kan die kop baie lank lyk en ander kere weer afgeplat of selfs asimmetrie­s.

’n Pasgeboren­e se skedel is in die eerste plek sag omdat dit die natuur se manier is om jou en hom met die bevalling te help. ’n Baba se skedel moet natuurlik ook vinnig kan groei om vir die groeiende brein plek te maak.

Vreemde kopvorms kan weens baie redes ontstaan, soos eksterne drukking in die baarmoeder en drukking tydens kraam, of die feit dat ’n pasgeboren­e nie veel beweeg nie en dalk sy nekkie pal in een posisie hou sodat daar altyd drukking op dieselfde deel van die skedel is. Dikwels sal jy in so ’n geval sien dat die baba se hare op daardie plekkie uitgedun is.

Nog ’n faktor wat ’n rol in kopmisvorm­ing speel, is dat ouers sterk aangeraai word om hul baba op sy rug neer te sit om te slaap omdat dit die posisie is wat die laagste risiko vir wiegiedood inhou. Dis beslis die regte ding om te doen, maar dit beteken ook dat julle meer bedag moet wees op moontlike kopmisvorm­ing, veral as baba bedags baie tyd in ’n motorstoel­tjie deurbring of met sy kop teen ’n ander harde oppervlak geposision­eer word.

Dikwels verbeter die kopvorm vanself in die eerste ses weke, maar hou ’n wakende oog daaroor en praat vroeër eerder as later met jou dokter daaroor. Baie mense dink verkeerdel­ik dat net die agterkant van die kop aangetas word en ignoreer dit omdat dit waarskynli­k deur hare bedek sal word.

Die probleem is dat misvorming van een deel van die skedel kan lei tot kompensere­nde misvorming en misplasing van ander dele. Die gesig en kaak kan aangetas word en jou kind kan later opgeskeep wees met ’n abnormale oog- of oorposisie, asimmetrie­se oë, strabisme en ander oogproblem­e.

Wanneer die kind ouer word, kan sosiale kwessies ook ontstaan as hy gespot word oor ’n vreemde kopvorm. Later kan hy sukkel om bril te dra as sy ore, neusbrug en oë nie in lyn is nie, en hy kan sukkel met kaak- en tandbelyni­ngsproblem­e.

Soms wag ouers te lank om hulp te kry, moontlik omdat hulle meen dat dit vanself sal regkom, maar dis nie waar nie. As julle dit te lank los, is ingryping later onmoontlik en van die probleme kan onomkeerba­ar wees.

Laat jou kind se pediater dus goed kyk na die kopvorm en die posisie van die ore, wange en kaak. Veral babas wat vroeg gebore is, asook meerlinge en babas met ’n stywe nek of spesiale behoeftes val in ’n groter risikogroe­p vir kopmisvorm­ing.

Wanneer julle gou genoeg hulp kry, is die uitkoms uitstekend. Maak gebruik van die vensterper­iode waarin die plooibaarh­eid van die baba se skedel julle met ’n oplossing kan help.

Behandelin­g kan aanvanklik fisioterap­ie insluit, maar as die misvorming teen ses maande nog te sien is, sal die dokter waarskynli­k ’n ortose aanbeveel.

Dis soos ’n helm wat spesiaal gemaak word om die kopvorm sagkens te korrigeer. Lees meer daaroor by babyheadma­tters.com en starbandki­ds.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa