Baba & Kleuter

BONUSWENKE

-

Dis vir alle babas goed om in die loop van die dag in verskillen­de posisies geplaas te word. Daarvan is magietyd sekerlik die belangriks­te. Sorg dat jou wakker baba gereeld vir kort rukkies op sy maag neergesit word. Dit verlig nie net die druk op die plat dele van die skedel nie; dit maak ook die nek en romp sterker. Hierdie spiere is belangrik want dit help jou baba rol en sit, en later ook kruip en om eendag op die skoolbanke regop te sit en ’n potlood vas te hou.

Jou baba moet natuurlik altyd in ’n motorstoel­tjie reis, maar moenie dat die motorstoel­tjie dubbeldien­s doen nie. Probeer dus dat sy nie tuis ook daarin sit nie. Wissel die plekke en maniere waarop sy sit af.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa