Baba & Kleuter

Krampe & winde

Wanneer is dit net ’n windjie en wanneer is dit koliek? En hoe kan jy jou baba se ongemak wegstreel?

-

Terwyl ’n baba voed – of dit nou aan die bors of met ’n bottel is – sluk hy dikwels ’n bietjie wind. Hierdie lug kan jou baba uiters ongemaklik laat voel, tot windjies boontoe en ondertoe lei, krampe veroorsaak en jou baba na trane dryf.

Sommige babas is gelukkig en lyk asof hulle die windjies nie eens voel nie, terwyl ander baie swaarkry.

As jou baba ’n wind gesluk het, sal hy waarskynli­k ophou drink omdat die vasgekeerd­e lug in sy magie hom versadig laat voel voor hy werklik genoeg gedrink het om sy dors te les. Hy kan ook huil, sy gesiggie vertrek asof hy pyn het, of begin kriewel – veral as jy hom ná die voeding wil neerlê. Gelukkig is daar heelwat wat jy kan doen om jou kleinding die stryd teen winde te help wen.

TYDENS VOEDING

Die regte posisie tydens voeding kan help keer dat jou baba onnodig winde sluk. Of jy nou bottel- of borsvoed, probeer om jou baba se kop altyd ’n bietjie hoër as sy maag te hou terwyl hy drink. Dit sorg dat die melk na die onderkant van die maag loop sodat die lug makliker aan die bokant kan ontsnap as hy ’n windjie breek.

WENK

Troos jou daaraan dat die meeste babas maar winderig is – ’n mens word soms verstom deur die harde geluide wat deur so ’n klein lyfie voortgebri­ng kan word!

NÁ DIE VOEDING

Ná elke voeding kan jy jou baba help om van lastige winde ontslae te raak deur dit uit te vryf. Daar is ’n verskeiden­heid posisies wat jy kan uittoets; kies die een wat die beste vir julle werk.

• OOR JOU SKOUER: Hou jou baba met sy lyfie regop teen jou bolyf sodat sy koppie op jou skouer rus en sy boudjies deur jou arm ondersteun word. Tik of vryf sy rug dan sagkens met jou ander hand. Dit is dikwels die maklikste posisie om ’n wind uit te kry, aangesien jou baba se lyf reguit en regop is.

• REGOP SIT: Laat jou baba op jou skoot sit sodat sy gesig sywaarts kyk. Sy lyf moet effens vorentoe leun en sy kop moet teen jou voorarm gestut wees, terwyl jou hand hom onder sy skouer weg van jou vashou. Vryf ferm, maar sagkens opwaarts of tik sy rug liggies met jou ander hand. Jy kan ook baba se ken in jou hand laat rus as hy nog baie klein is en sy lyfie met die onderkant van jou palm ondersteun.

• GESIG NA ONDER: Laat jou baba met sy gesig na onder op jou voorarm lê, met sy bolyf hoër as sy beentjies. Vryf sy rug met ferm opwaartse bewegings met jou ander hand.

Moenie haastig word as jy winde uitvryf nie – dit kan dalk ’n paar minute duur voor die winde begin uitkom. Magietyd op die vloer kan jou kleinding ook help om van sy winde ontslae te raak, so ook die speletjies waar jy liggies met sy beentjies fietsry.

IS DAAR IETS ERGERS FOUT?

Die meeste van die tyd hoef jy jou nie oor krampe en winde te bekommer nie en moet jy net uitwerk hoe om jou baba te help om daarvan ontslae te raak. Soms kan winde en maagkrampe egter ’n teken van spysverter­ingsproble­me wees. As jou baba enige van die volgende simptome het, is dit beter om hom dokter toe te neem.

• DIARREE: Hoewel babas taamlik algemeen diarree kry, kan dit op ’n onderligge­nde probleem dui. Wees op die uitkyk vir skielike veranderin­ge aan jou baba se stoelgang, soos as die tekstuur skielik verander of as hy skielik baie meer of baie minder vuil doeke as voorheen het.

• HARDLY WIGHEID Babas is soms hardlywig en dis beter om maar jou dokter daaroor te vra. Onthou egter dat bloot die feit dat jou baba rooi in die gesiggie raak as hy druk of dat sy vuil doeke ver uitmekaar is, nie beteken hy is hardlywig nie. Sommige borsbabas het slegs elke 10 dae ’n vuil doek! ’n Teken dat jou baba hardlywig is, is as sy stoelgang klein, harde balletjies vorm.

• EMOSIONELE VER ANDERING As jou gewoonlik rustige, tevrede baba skielik baie moeilik raak en nie wil eet of slaap nie, is daar waarskynli­k fout. Gaan liewer dokter toe as jy dink jou baba het koliek (lees hieronder) sodat hy ander oorsake vir baba se gehuil of gedrag kan uitskakel.

• ANDER SIMPTOME Koors by jou klein baba asook bloed in die stoelgang is nie normaal nie en moet so gou moontlik ondersoek word.

WENK

Pa’s is dikwels uitstekend met die uitvryf van winde ná ’n voeding. Dit is boonop uitstekend­e bindingsty­d vir jou pienkvoet en sy pa.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa