Baba & Kleuter

WERK SO MET KOLIEK

-

• ST YF TOEGEDR A AI As jy jou baba knus toedraai in ’n dun kombersie, boots dit die warm, bekende omgewing van die baarmoeder na sodat jou baba veilig voel.

• SY- STRELING As jy jou baba op sy sy neerlê, help dit die Mororeflek­s (skrikrefle­ks) keer en help dit so jou baba rustig hou.

• KL ANK Witgeraas soos dié van ’n haardroër, tuimeldroë­r, in die kar of langs die see, is vir jou baba strelend en kan hom help bedaar. • SWA AI Dra jou baba in ’n drasak of abbasak. Die ritmiese bewegings van jou lyf hou hom rustiger.

• SUIG Hou jou baba besig met ’n fopspeen. Om aan die bors of ’n bottel te suig help om baba te laat bedaar.

ONTHOU

Koliek word nie deur ’n siekte veroorsaak nie; ook nie deur iets wat jy doen nie. Die goeie nuus is dat dit in ’n stadium ophou. Sien om na jouself en kry ’n goeie ondersteun­ingstelsel sodat jy soms tyd sonder jou baba kan deurbring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa