Baba & Kleuter

IS DIT KOLIEK?

-

As jou andersins gesonde baba elke dag ontroosbaa­r huil, is daar ’n kans dat dit koliek kan wees. Tipies begin koliek binne die eerste vier weke ná baba se geboorte en klaar dan weer teen so 16 weke op. Dit word gekenmerk deur ’n gehuil wat minstens drie of meer uur per dag aanhou, minstens drie keer per week voorkom en minstens drie weke duur. Natuurlik is dit genoeg om enige ma teen die muur uit te dryf!

’N KOLIEKBABA ...

• huil hard, intens en ontroosbaa­r.

Dit begin gewoonlik laat in die middag of vroeg in die aand en kan ure lank aanhou.

• trek dikwels sy knieë op tot teen sy

bors en maak sy ruggie krom.

• se magie voel hard en lyk effens

opgeswel.

• hou sy asem op of word rooi in

die gesig.

Dokters en kenners meen koliek is nie naastenby so algemeen as wat ma’s glo nie. Moet dus nie net aanneem ’n baba met dié simptome het koliek nie – laat die dokter liewer daaroor besluit.

Die presiese oorsaak van koliek is nog onbekend, maar wetenskapl­ikes reken dat daar ’n verskeiden­heid oorsake is wat van baba tot baba kan verskil. ’n Artikel in Acta Paediactri­ca,

’n joernaal oor pediatries­e medikasie, identifise­er die volgende moontlike oorsake van koliek:

• Laktoseint­oleransie of allergieë

• Spysverter­ingsproble­me

• Hormone

• Voedingspr­obleme

• Sielkundig­e faktore

Dokters besef ál meer dat spysverter­ingsproble­me nie noodwendig die hoofoorsaa­k van koliek is nie, en dat temperamen­t, omgewing en ’n onvolwasse immuunstel­sel alles ’n rol kan speel.

Koliek is taamlik seldsaam – moet dus nie aanneem dis jou baba se probleem nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa