Baba & Kleuter

EN HOE SLAAP MA?

-

Hier is wenke vir die tye wanneer slaap ’n stryd word.

NAGVOEDING

Melk uit en vra jou man of ’n oppasser om een van die nagvoeding­s waar te neem sodat jy ’n paar uur se ononderbro­ke slaap kan kry. Dit kan die wêreld se verskil maak.

SLAAP SELF

’n Goue stukkie raad is om te slaap wanneer jou baba slaap. Los eers al die ander dinge wat jou aandag nodig het en maak slaap ’n prioriteit. As jy nie kan slaap nie, rus dan ten minste.

JA VIR HULP

Leer om ja te sê as iemand hulp aanbied, en leer ook om te vra vir die hulp wat jy nodig het. Mense is gretig om te help as daar ’n nuwe baba in die huis is. Wasgoed, inkopies, kos maak... as iemand aanbied, sê ja.

VROEG I N DI E V E R E

As jy glad nie deur die dag ’n uiltjie kan knip nie, probeer om dan nie later as agtuur te gaan slaap nie. Onthou, dis net tydelik, en oor ’n paar maande sal jy weer grootmens- ure kan handhaaf.

DOKTER TOE

As jou gebrek aan slaap jou sleg beïnvloed of bydra tot nageboorte­like depressie, moet jy die dokter laat weet. ’n Ma wat siek is van te min slaap, is vir niemand goed nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa