Baba & Kleuter

KRUIP MAAK SPIERE STERK

Kruip beteken vir jou baba veel meer as om van punt A tot by punt B te kom. Dit gee haar ’n nuwe uitkyk op die lewe en berei haar voor vir vaardighed­e so uiteenlope­nd soos skryf, motor parkeer en bal skop. Moedig dit dus aan!

- DEUR YOLANDI JORDAAN

Kruip is die eerste manier waarop jou baba rondbeweeg, maar dis nie net ’n manier om van een plek by ’n ander uit te kom nie – kruip berei jou baba se lyfie voor op die toekoms.

Robyn Tacon, ’n Johannesbu­rgse fisioterap­eut wat in kinders spesialise­er, sê hoewel die meeste babas tussen sewe en nege maande begin kruip, is dit nie onmoontlik dat ’n baba op vyf maande al dié baie spesiale mylpaal bereik nie.

Onthou egter dat daar ander mylpale is wat jou kind eers moet haal voor sy kan begin kruip.

KRY DÍT ONDER DIE KNIE

• Jou baba moet beheer oor haar kop

pie hê.

• Haar kop moet die middellyn van haar lyf vorm om so die res van haar lyf te oriënteer. Jy kan seker maak dat dit die geval is deur te kyk of haar ken in ’n lyn met haar borsbeen is terwyl sy sit.

• Jou baba moet haar handgewrig en elmboë kan uitstrek en ook gewig op haar handjies kan plaas.

• Sy moet ’n stabiele skouergord­el hê, wat haar voorarms en hande beweeglik maak. Jy weet jou baba het ’n stabiele skouergord­el wanneer sy op haar maag lê met albei haar arms voor haar en sy dit effens kan oplig.

Om hierdie spesifieke spiere te versterk, kan jy ’n opgerolde handdoek onder haar arms plaas en haar bors daarop laat rus. So dra jou baba gewig op die elmboë.

• Jou baba moet in staat wees om die boon

ste deel van haar rug reguit te maak.

• Sy moet bekkenbehe­er hê, wat meestal verkry word deur te sit en dan vorentoe en ’n klein bietjie sywaarts te beweeg om in ’n handevierv­oet-posisie te kom.

• Jou baba moet die vermoë hê om gewig op

haar knieë te dra. Magietyd help hiermee omdat dit jou baba gewoond maak aan drukking op haar knieë en skeenbene.

• Sy moet haar bene gesluit kan hou. Jy kan hierdie spiertjies oefen deur haar in ’n handevierv­oetposisie neer te sit en dan self op jou knieë agter haar te sit met haar bene tussen jou bene. Laat haar ’n kort rukkie in hierdie posisie speel. • Jou baba se maagspiere moet sterk wees. Laat sy met haar bene effens gelig omrol.

Sit speelgoed regs of links van haar neer. As sy sit en haar bolyf kan draai sonder om haar bekken en bene te beweeg, is haar maagspiere moontlik lekker sterk. • Die deel tussen die heupe en skouers moet soepel wees sodat sy ritme en koördinasi­e kan hê. Jy sal weet sy is soepel wanneer sy in ’n handevierv­oet-posisie vorentoe en terug kan wieg. • Jou baba moet haar regterkant van haar linkerkant kan onderskei. Sy moet byvoorbeel­d ’n speelding met die linkerhand kan raakvat terwyl die regterhand nie beweeg nie.

• Jou kleinding moet haar linkerarm saam met haar regterbeen kan beweeg en andersom.

Oefen hierdie vaardighei­d deur jou baba op haar rug, maag en in ’n sittende posisie te laat speel.

HOEKOM MOET SUSSIE KRUIP?

• Kruip help jou kleinding om ruimtelik bewus te word. Ruimtelike bewustheid maak haar bewus van haarself in verhouding met mense en voorwerpe om haar. Dit help haar later om afstand te skat en dinge te doen soos legkaart bou of ’n motor parkeer. Dit vorm ook ’n sin vir rigting. Ontwikkel jou kind se ruimtelike bewustheid deur haar onder meubels deur te laat kruip of in en uit bokse te laat klim.

• Dit help met groot motoriese vaardighed­e. Motoriese vaardighed­e behels die beplanning of aksie van spiere om ’n beweging te kan uitvoer. Ouer kinders kan byvoorbeel­d ’n bal vang of tou spring sonder om eens daaroor te dink. Oefen groot motoriese vaardighed­e deur jou kind op haar magie te laat speel. Laat haar ook sonder jou ondersteun­ing sit, maar steun haar met ’n kussing en bly veiligheid­sonthalwe naby.

• Kruip is noodsaakli­k om jou kind te leer om haar middellyn oor te steek en haar linker- en regterkant te integreer. Dit sal haar eendag help om te skryf, sport te doen en enige beweging uit te voer waar sy met haar hande of ledemate oorkruis moet kan werk.

• Kruip versterk die skouergord­el, wat noodsaakli­k is vir fyn motoriese vaardighed­e. Fyn motoriese vaardighed­e het te doen met die samewerkin­g van die fyn spiertjies in jou kind se lyf en maak dit moontlik om te lees, om te blaai, klavier te speel en uit te knip. Oefen dit deur jou baba op haar maag of rug te laat lê en na speelgoed te laat reik.

• Kruip sorg dat jou baba kardiovask­ulêre oefening doen wat die hart, longe en diafragma versterk.

• Jou kind ontwikkel die vermoë om haar bene en bekken afsonderli­k te beweeg, asook om haar bekken te beweeg sonder om haar hele rug te beweeg. Dit help met groot motoriese vaardighed­e soos spring en bal skop.

• Kruip ontwikkel jou baba se visie. Sy ontwikkel haar eksterne en interne oogspiere wanneer sy van die vloer af op na jou of na iets voor haar kyk omdat die afstand en lig verskil.

Kruip maak jou baba se hart en longe fiks.

WENKE WAT WERK

• ’n Paar minute magietyd elke dag is noodsaakli­k om die spiere sterk te maak wat jou baba vir kruip nodig het.

• Laat jou baba op haar maag lê en strek na speelgoed wat reg voor haar lê.

• Laat jou baba op haar maag lê met

haar gewig op haar elmboë.

• Help jou kleinding om van ’n sittende posisie na ’n kruipposis­ie te beweeg deur albei haar arms regs of links van haar op die vloer te plaas. Help haar deur haar bekken saggies te stoot.

• Laat haar in ’n handevierv­oet-posisie

vorentoe en agtertoe wieg.

• Laat jou baba met albei hande op tromme of balle slaan terwyl sy met jou ondersteun­ing sit of staan. Hierdie speletjie help om die maagspiere te aktiveer en hulle sterk te maak. Dit help ook om die boonste ledemate gereed te maak om gewig te dra.

• Leer jou baba om in ’n kruipposis­ie te kom deur albei haar hande aan haar linkerkant te plaas en dit dan stadig vorentoe te laat gly.

• Laat jou baba op haar regtersy lê terwyl sy met jou ondersteun­ing in ’n sittende posisie kom deur haar gewig op die onderste arm te plaas.

• Laat jou baba in ’n kruipposis­ie oor jou bobeen speel terwyl jy ondersteun­ing bied.

• Jou baba sal kruip wanneer sy die behoefte en genoeg motivering het om te begin rondbeweeg.

KRUIP JOU BABA STEEDS NIE?

Elke baba is anders en bereik haar mylpale teen haar eie pas, sê Robyn. As jou baba egter teen ’n jaar oud nog nie mobiel is nie, moet jy aanklop by ’n fisioterap­eut wat in neuro-ontwikkeli­ng spesialise­er. Mobiliteit beteken dat jou baba kan seil, kruip of rol. Jou baba moet teen hierdie tyd ook haar arms en bene saam in ’n gekoördine­erde beweging kan gebruik of albei arms of albei bene saam kan gebruik. Onthou dat vroeggebor­e babas hierdie mylpale dalk eers ’n paar maande later sal haal. Gaan gerus na sandta.org.za om ’n neuro-ontwikkeli­ngsfisiote­rapeut in jou omgewing te vind.

HET JY GEWEET?

Sedert babas op hul rug begin slaap het om wiegiedood te voorkom, begin hulle ook later kruip. Dis hoekom daaglikse magietyd belangrik is.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa