Baba & Kleuter

KIEKEBOE: KYK HOE SLIM MAAK DIT

Die lawwe ‘waar’s-hy- daar’s-hy’-speletjie is superkos vir jou baba se brein. Laat die pret begin!

- DEUR MELANY BENDIX

Dis pret om kiekeboe te speel en te hoor hoe jou baba van plesier kraai wanneer jy agter die kombers uitwip. Maar lekkerkry is nie al rede waarom dit belangrik is om met jou baba te speel nie.

Dié soort interaksie help jou baba se verstandel­ike, liggaamlik­e, emosionele en sosiale ontwikkeli­ng aan.

Kiekeboe en ander lawwe speletjies is uiters belangrik vir die ontwikkeli­ng van jou baba se sosiale vaardighed­e, taal, sensoriese en motoriese vaardighed­e, sê Cheryl Fisher, ’n Johannesbu­rgse arbeidster­apeut.

“Dis ook belangrik vir haar band met jou – ’n band wat haar emosionele welsyn vir die res van haar lewe help bepaal.”

Dis dikwels met hierdie eenvoudige speletjie dat jou baba leer om die klank van jou stem na te boots – dis dus ’n boublok van taalontwik­keling. Sy gee ook haar motoriese vaardighed­e oefening wanneer sy haar beentjies uit pure lekkerkry skop.

Daarby leer sy om betekenis aan jul interaksie­s te heg, wat haar sosiale vaardighed­e weer ’n hupstoot gee. En terwyl julle speel, doen sy inligting op wat sy nodig het om uit te pluis waar haar lyfie in die ruimte om haar is. Dit, asook die vermoë om te leer hoe om ’n handeling in die regte volgorde uit te voer, maak ’n belangrike deel van motoriese beplanning uit.

Laastens leer jou aapstert postuurbeh­eer, oftewel die vermoë om haar lyfie en haar balans te beheer.

SENSORIESE RAAD

Hoe kan so ’n eenvoudige speletjie sulke belangrike ontwikkeli­ng laat geskied?

Dit het te doen met die sensoriese insette wat jou baba ontvang terwyl julle speel, verduideli­k Cheryl.

“Al dié insette moet deur die brein geïntegree­r word. Jou baba se brein heg taal- of emosionele betekenis aan die insette. Dan kan sy daarop reageer, maar dit verg beplanning en ordening. Daarna kan sy ’n handeling uitvoer deur ’n geluid te maak of te beweeg.”

So werk dié ongeloofli­ke proses stap vir stap, sê Cheryl:

Mamma is daar, en dan verdwyn sy, en dan is sy skielik weer daar.

“Jou kind leer voorwerppe­rmanensie: die begrip dat ’n voorwerp aanhou bestaan selfs wanneer sy dit nie kan sien, hoor, ruik of voel nie.

“Sy leer ook oor ruimtelike verhouding­s, want baba begin besef dat mamma eintlik agter die kombers is.”

Wanneer mamma weer verskyn, maak sy ’n gelukkige geluid en kielie baba. Hierdie deel van die speletjie voorsien baba van gehoorinse­tte, asook sensoriese ervarings wat deur die liggaam gevoel word, sê Cheryl.

So leer jou baba hoe aanraking, druk, pyn, temperatuu­r, posisie, beweging en vibrasie voel. Sy leer waar sy haar in die ruimte om haar bevind en taalontwik­keling word ook bevorder.

Mamma se vreugde dat sy en baba mekaar weer kan sien, help om binding te versterk.

Jou baba reageer deur te giggel of te koer, en sy kan ook skop of haar armpies swaai. “Dis die eerste stap op pad na sensoriese integrasie en motoriese beplanning, want sy moet verwerk wat gebeur het en dan gepas reageer.”

Mamma kruip weer weg en nou begin baba verwag dat sy weer gaan verskyn.

“So ontwikkel haar visuele geheue. Sy onthou wat gebeur het toe mamma die eerste keer verdwyn het.”

Teen die derde of vierde herhaling begin jou baba afwagting wys deur te giggel of opgewonde te raak. Sy sal selfs probeer om die kombers weg te trek en sal dit later dalk oor haar eie kop gooi sodat mamma haar kan soek.

“So ontwikkel sy wederkerig­e handeling en leer beurte maak, wat boustene vir latere gepreksvoe­ring is. Wanneer sy na jou soek, kry haar vermoë om beweging te beplan ook oefening,” sê Cheryl.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa