Baba & Kleuter

BABA KLOU OM TE HOU

Kleef jou baba deesdae aan jou skouer vas en sit sy ’n keel op wanneer jy die vertrek verlaat? Dis skeidingsa­ngs – ’n normale deel van haar ontwikkeli­ng.

- DEUR SANDRA COETZEE

Jou baba was dalk op ses maande ’n sosiale vlindertji­e wat haar armpies uithou vir enigiemand wat haar wil optel, selfs die kelner in die restaurant. Maar nou, op nege maande, wil sy nét vir ma hê. Ouma is skoon suur daaroor, en jy begin al sien hoe jy gaan sukkel wanneer dit tyd is vir ’n speelskool­tjie. Wees egter gerus, en verduideli­k maar vir ouma ook dat dit net ’n stadium is. Trouens, skeidingsa­ngs (die deftige naam vir hierdie stadium) is ’n teken dat jou klein borsspeldb­aba normaal aan die ontwikkel is.

Teen sowat nege maande (dit kan ’n bietjie vroeër of later ook wees) begin jou baba stelselmat­ig verstaan dat jy en sy twee aparte wesens is, en dat jy soms nie daar is nie. Omdat sy geen begrip van die verlede of die toekoms het nie – babas leef in die oomblik – voel dit vir haar asof jy haar verlaat elke keer wanneer jy by die vertrek uitloop, al het jy net gou gaan stort. Dis vir haar baie ontstellen­d.

Jý weet natuurlik goed jy kom terug, maar daarvan verstaan jou baba nog niks. Wanneer sy jou nie kan sien nie, voel dit vir haar asof jy skielik nie bestaan nie, wat haar met vrees en angstighei­d vul.

Moet dus glad nie sleg voel as jou baba aan jou klou nie. Dis ’n teken dat jy en sy goed gebind het en dat jou koestering vir haar die belangriks­te ding op aarde is.

Dit beteken ook dat haar instink reg is en dat haar intellektu­ele ontwikkeli­ng op dreef is.

Help haar met groot empatie en geduld om haar vrees geleidelik te oorkom, en so neem julle saam die eerste klein treetjie na onafhankli­kheid.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa