Baba & Kleuter

JOU EMPATIE-PLAN

-

HOU BY ’ N ROETINE

As julle elke dag dieselfde roetine volg, sal jou baba geleidelik leer dat spesifieke dinge in ’n spesifieke volgorde plaasvind. Die voorspelba­arheid van ’n roetine wat oor en oor herhaal word, laat jou baba veilig voel en is ’n groot bron van troos.

GEE GERUS ’ N TROOSVOORW­ERP

Jou baba kan troos vind deur altyd ’n bekende, geliefde voorwerp byderhand te hê, soos ’n kombersie of ’n teddiebeer wat al van klein babadae af altyd in haar bedjie was en oral saamgaan. ( Wees net gewaarsku dat die hel losbars as daardie voorwerp wegraak!)

WEN HA AR VERTROUE

Oefen gereeld om die kamer vir baie kort rukkies te verlaat. Aanvanklik sal dit dalk net 10 sekondes wees. Probeer om terug te keer voor sy ontsteld raak. As jy dit elke dag saam met haar oefen, sal die rukke wat jy uit die kamer kan wees sonder dat sy huil, langer en langer word.

Maak ’n geluid wat jou baba graag sal wil naboots. Maak die geluid dan oor en weer (roep en antwoord) vir mekaar terwyl jy verder en verder wegbeweeg. Gaan staan agter ’n deur of gordyn en hou aan met die speletjie sodat jou baba jou kan hoor, al kan sy jou nie sien nie. Later kan jy agter ’n toe deur staan.

LEER HA AR VOORWERPPE­RMANENSIE

Dis ’n groot woord wat eintlik maar net beteken dat jou baba moet leer dat ’n voorwerp (soos ’n ma!) wel bestaan, al is dit nie sigbaar nie. Eenvoudige wegsteeksp­eletjies help dit aan: Laat sy sien hoe jy ’n lappie oor ’n speelding gooi, en vra haar om die lappie af te trek om die speelding te vind. Sy sal dit oor en oor wil doen. Dis ook hoekom kiekeboe so gewild is by babas van hierdie ouderdom – dis soos towery wanneer ma elke keer agter die handdoek verdwyn en weer te voorskyn kom!

TREK HA AR A ANDAG AF

Kom in die gewoonte om vir haar ’n spesifieke boks gunsteling- speelgoed te gee voor jy die huis verlaat. So sal sy hopelik ook ’n positiewe verband begin vorm met jou vertrek sodat dit darem nie net sleg vir haar is wanneer jy gaan nie. Die opwinding van die interessan­te speelgoed sal haar aandag aftrek van die vrees wat sy voel, en sommer gou is jy vergete.

MOEDIG BINDING A AN

Sommige ma’s kan jaloers voel wanneer hul baba met ’n ander volwassene bind. As dit soos jy klink, probeer maar om anders daaroor te dink. Moedig ander gesinslede en die kinderoppa­sser aan om met jou baba te bind – dit sal haar baie meer sekuriteit gee. Hoe meer geliefde volwassene­s jou baba in haar lewe het, hoe beter vir haar. Sy sal geleidelik leer dat ander mense ook in haar behoeftes kan voorsien, en dit is ’n goeie ding.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa