Baba & Kleuter

DIÉ POPPE MAAK KINDERSPEL­ETJIES VAN DIVERSITEI­T-BEWUSTHEID

Die meeste dogtertjie­s hou van ’n pop. Maar wat as die pop nie soos sy lyk nie?

-

Dit was die probleem waarmee Nondumiso Gogela gesit het toe sy vir haar dogter ’n pop as present wou koop. Nêrens kon sy in die winkels ’n pop kry waarmee haar kind sou kon identifise­er nie.

En net daar is die saadjie geplant vir Imibongo kaMakhulu, ’n tuisbedryf in die suidelike voorstede van Kaapstad wat bruin en swart lappoppe met etniese haarstyle maak.

“Ek het my dogter se eerste pop gemaak van oorskietla­p wat ek in die huis gehad het,” vertel Gogela. “Ek het foto’s daarvan aan vriende gestuur en byna dadelik het van hulle laat weet hulle soek ook sulkes.”

Kort hierna, in Maart 2019, het Gogela, wat in die modebedryf was, haar maatskappy gestig: Imibongo kaMakhulu. Dit is Xhosa vir “ouma se dankbaarhe­id”.

Imibongo kaMakhulu was onlangs ’n wenner in ’n entreprene­urskap-kompetisie van die TV-kanaal VIA (DStv-kanaal 147). Ses klein tot middelslag-ondernemin­gs het elkeen advertensi­e- en lugtyd op

VIA en advertensi­eruimte in Media24 se tydskrifte en koerante gewen – die waarde van dié entreprene­urskapveld­tog beloop altesaam R3 miljoen.

Vandag vervaardig Gogela se maatskappy ’n volledige reeks lappoppe met sagte lyfies en klere waarmee kleuters kan identifise­er. Die stylvolle popklere wissel saam met die seisoen – vir die somer is daar byvoorbeel­d poppe in sonrokkies, kortbroeki­es en speelpakki­es.

So gewild is Gogela se poppe dat sy skaars kan voorbly. Poppe word op bestelling gemaak en aangepas vir spesifieke voorkeure. Daar is selfs ’n lappop vir seuns, ’n geslagsneu­trale konyntjie en meerminne in pragtige blou shweshwe-lap.

En so maak Imibongo kaMakhulu se poppe kinders speel-speel bewus van diversitei­t.

Bestel jou pop by die webwerf imibongoka­makhulu.co.za, of klik op SHOP en besoek een van die verskaffer­s wat daar gelys is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa