Baba & Kleuter

NJAM! DIS KOUKOS

As jou baba tot nou net puree geëet het, is dit tyd vir ’n growwe uitdaging. Ons wys jou hoe.

- DEUR ZELDA ACKERMAN, GEREGISTRE­ERDE DIEETKUNDI­GE

Die fyn babakos wat jou baba leer eet het, gaan haar nie baie lank interessee­r nie.

Behalwe dat sy moeg kan raak vir die pap kos, is dit om verskeie redes ook belangrik dat sy growwer kos leer eet. Growwe kos beteken sy moet kou, en al het sy nog nie ’n enkele tandjie nie, begin sy al oefen vir die groot kou wat kom. Al die koubewegin­gs maak haar tong en mondspiere sterk sodat sy nie net vir haar pa kan tong uitsteek nie, maar ook binnekort pragtige woordjies kan begin sê. Sy stel al klaar meer belang in mamma se kos as haar eie en as sy mooi leer, gaan sy binnekort dieselfde kos as die res van die gesin kan eet.

Teksture bring natuurlik ook ’n groter gevaar mee dat jou baba kan verstik. Baie ma’s weerhou growwe kos juis omdat hulle bang is vir verstikkin­g. Maak eerder net seker jy weet presies wat om te doen en sorg dat jy by jou baba is sodat jy vinnig kan help.

Moenie uitstel nie; jy kan selfs teen ses maande al met korrelrige kos begin, maar moenie tot later as nege maande wag nie. Babas wat eers ná 10 maande oud growwe kos begin eet, sukkel om dit baas te raak.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa