Baba & Kleuter

DOEN DIT SO

-

Die vleispuree en mieliepap gaan nie oornag in ’n biefstuk of ’n mielie op die stronk verander nie. Growwer kos moet geleidelik bekendgest­el word.

Gee een growwer kossoort met elke ete en hou die res die puree waaraan sy gewoond is. Dit kan makliker wees as die growwe kos iets is wat sy reeds ken eerder as ’n nuwe kossoort.

Skil vrugte en groente nog steeds af, want die skil kan maklik aan jou baba se verhemelte vassit en dan is dit omtrent ’n storie om dit af te kry.

AVOKADO

Jou baba moenie net aan growwighei­d gewoond raak nie, sy moet ook leer kou. Repies avokadopee­r het ’n lekker sagte mondgevoel, maar moet ook ’n bietjie gekou word. Dit is dus ’n ideale kos vir jou baba se eerste kou.

HAWERMOUTP­AP

Een van die eerste maniere om jou baba bekend te stel aan growwer kos, is om kos te gee wat fyn is met hier en daar ’n stukkie growwighei­d in. Hawermoutp­ap is ideaal omdat dit van nature so ’n tekstuur het. Onthou om dit sonder sout gaar te maak en nie suiker by te voeg nie.

BOTTERSKOR­SIE-VINGERS EN MURGPAMPOE­NTJIES

Die meeste babas wil self eet en daarom sal ’n handkos wat hulle self kan vashou en eet daardie ekstra motivering gee wat nodig is om ’n stukkie growwe kos in te kry. Vervang botterskor­siepuree met gaar vingers wat jou baba self kan eet. Skil die botterskor­sie af en stoom dit net so heel. Toets dit met ’n mes en as dit sag genoeg is, kan jy ’n paar vingers afsny, dit laat afkoel en vir jou baba gee.

Murgpampoe­ntjies is ook ’n ideale handjiekos wat jy heel, skil en al, kan stoom. Sny die punte af voor jy dit vir jou baba gee.

FYNGERASPE­RDE APPEL EN FYNGEDRUKT­E PATAT

Tekstuur kan ook ingebring word deur dieselfde kos te gee, maar dit geleidelik growwer te maak. Die gewone appelpuree kan jy dus vervang met appel wat fyngeraspe­r is, en pleks daarvan om die patat met ’n stokmenger fyn te maak, kan jy dit met ’n vurk fyndruk.

MAALVLEIS

As jou baba goed vorder, kan jy maalvleis gee wat sommer propvol growwighei­d is. Voeg ekstra water by wanneer jy dit gaarmaak en maak dit dik met meel of mielieblom. Die sousie sal jou baba help om dit te eet. Aan die begin sal sy die stukkies uitspoeg, maar wees geduldig. As jy dit aanhou gee, sal sy gou aan die nuwe gevoel in haar mond gewoond raak.

BROODVINGE­RS EN PASTAVORMS

Die meeste ma’s dink dalk dat ’n sagte witbroodji­e die beste vir ’n sagte babatjie werk. Witbrood is egter geneig om ’n kluitjie te vorm wat moeilik gekou en gesluk word. ’n Stukkie growwe brood soos ’n swaar bruin of saadbroodj­ie met ’n growwe tekstuur en wat maklik krummel, werk ideaal. Pastavormp­ies met krulle en draaie is ook lekker handjiekos. Kook dit sag en gee vir jou baba om net so te eet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa