Baba & Kleuter

n Huis is vol SPEELGOED

Vergeet van duur winkelspee­lgoed en span huishoudel­ike items in om jou kleinding te stimuleer.

- DEUR ZERELDA ESTERHUIZE­N

Kersfees het gekom en gegaan, die bome en blink balle is gebêre, nuwe speelgoed is al gebreek of vergete en ons beursies is aansienlik dunner.

Natuurlik is dit lekker om jou kind met die blinkste, raserigste speelding te bederf, maar die waarheid is dat min speelgoed babas en peuters regtig lank kan besig hou. Hulle is ontdekkers en nuuskierig­e agies, en is gek daarna om iets nuuts onder hande te neem.

Probeer om uit jou kind se oogpunt na sy wêreld te kyk en nut in allerlei huisware te vind. Jy sal verbaas wees waarvan jy alles speelgoed kan prakseer – en daardie speelgoed kan uiteindeli­k van groot sensoriese waarde vir jou kind wees.

Sensoriese spel is ’n belangrike deel van kinders se leerproses, sê Wietske Boon, ’n spelterape­ut van Centurion. “Kinders leer die beste wanneer ál hul sintuie by die proses betrek word. Sensoriese spel is ook die manier waarop kinders kontak maak en inligting oor die omgewing insamel. So leer ’n kind homself ken en sy voor- en afkeure as dit kom by teksture, reuke en geluide. Dis weer belangrik vir sy emosionele ontwikkeli­ng.”

DIÉ SPEELGOED IS SUPERSENSO­RIES

Wietske deel idees vir tuisgemaak­te speelgoed wat jou kind se sintuie stimuleer.

SIG

• Bou ’n bewertjie deur verskillen­de voorwerpe met tou aan ’n hanger vas te maak. (0-1 jaar)

• Verf twee leë toiletroll­e en plak dit aan mekaar vas om ’n verkyker te vorm. Plak gekleurde, deurskynen­de plastiek as “glase” voorop. Skielik lyk die omgewing anders en in ’n nuwe kleur getooi. ’n Alternatie­f is om ’n bril uit ’n boks te knip en gekleurde, deurskynen­de plastiek as lense op te plak. (2+ jaar)

• Plak ’n prentjie (iets gepas uit ’n ou tydskrif) op ’n stewige stuk karton. Sny dit in groot blokke en gebruik dit as ’n legkaart. (2+ jaar)

• Knip prentjies uit tydskrifte en maak beurte om stories oor die prentjies te vertel. (3+ jaar)

REUK

• Giet speserye (nie te sterk nie) of vanieljege­ursel in klein botteltjie­s en laat jou kind raai wat in die botteltjie is. (2+ jaar)

TASSIN

• Pak verskillen­de voorwerpe in ’n sak of kussingslo­op. Laat jou kind sy hande in die sak steek en raai wat alles daarin is. (2+ jaar)

• Kielie mekaar met vere onder die voete

en op die hande en wange. (0-2 jaar) • Maak spesiale tyd om sy lyfie met room te smeer en maak dit sommer lekker geselstyd ook.

GEHOOR

• Gooi sand, klippies of ryskorrels in ’n leë

bottel en verseël dit goed. (0-2 jaar) • Versamel blikke van verskillen­de groottes en laat jou kind die geraas geniet wat elke blik maak wanneer hy daarop slaan. Blikke van verskillen­de groottes gaan natuurlik verskillen­de klanke maak.

(1+ jaar)

ANDER

• Bou ’n huis van ’n boks. Verf die boks en sny ’n deur en vensters daarin. Dit kan vir ure se verbeeldin­gspel sorg. • Prakseer maskers van papierbord­e. Sny oë, ’n neus en ’n mond daarin, kleur die gesiggie in en heg ’n rekkie aan. Dit is ook ’n prettige rolspel-rekwisiet.

• Bou ’n toring van plastiekba­kkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa