Baba & Kleuter

Beste speletjies vir babas

-

• Teken eenvoudige gesigte op ’n papierbord. Knip ’n spiraal uit papierbord­e en hang dit bo jou baba se doekruilpl­ek.

• Laat jou baba met sponsies, borsel

tjies en plastiekba­kkies in water speel. • Vul allerlei houers en blikkies met

macaroni en laat baba dit skud!

• Laat jou baba na homself in ’n spieël kyk en begin hom sy liggaamsde­le leer.

• Hang klokkies of krale aan ’n lint en bind dit aan jou baba se arms of bene vas.

• Vul ballonne met suiker of jellie. Hy sal

gek daarna wees!

• Vul ’n ou kous met sellofaanp­apier.

Jou baba sal heerlik daarmee speel.

• Sit ’n blikkie met ’n plat deksel en allerlei artikels voor hom neer. Baba kan dit heerlik in en uitpak en probeer om die dekseltjie toe te maak. • Stoot jou baba in ’n groot boks of badjie rond of laat hom in of onderdeur kruip.

• Skeerroom is ’n heerlike speelding. Spuit ’n bietjie in jou baba se handjies of sit dit op sy eetstoeltj­ie se blad sodat hy dit met sy vingers kan ontdek. • Gooi droë pasta of rys in ’n ou bababad en sit tregters, maatkoppie­s en speelgoedb­ekertjies by. Jou kleintjie kan heerlik daarin sit en speel. • Frommel ou tydskrifbl­aaie, vorm dit in balletjies en laat jou baba dit rondgooi!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa