Baba & Kleuter

IDEAAL VIR PEUTERS & KLEUTERS

-

1 Gee jou kind produkte soos rosyntjies om tussen verskillen­de papierbord­e te verdeel.

2 Hou saam piekniek in jul eie “tent” van lakens onder die tafel.

3 Bak saam koekies of kolwyntjie­s.

4 Speel skattejag en gee vir jou kind leidrade.

5 Speel onder die sproeier.

6 Gee jou kind papier en vingerverf.

Dit hou hulle op ’n prettige manier besig.

7 Gee jou kind ’n groot bak vol water met ’n klomp klein bakkies en koppies. Hulle kan dan heerlik water skink en mors. Hou maar ’n ogie!

8 Voer saam eksperimen­te uit. Plaas tinfoelie in ’n bak. Sprinkel koeksoda op die bodem en giet dan asyn daarop sodat die koeksoda kan bruis. Jou kleuter sal gefassinee­r wees.

9 Span ’n wasgoeddra­ad in jou kind se kamer op sy hoogte en laat hom klere met wasgoedpen­netjies ophang.

10 Pak ’n klomp speelgoed in die bad en laat jou kleuter dit was.

11 Laat jou kind op ’n groot stuk papier lê en trek sy lyfie daarop af. Laat hy dit inkleur en versier en ook liggaamsde­le benoem.

12 Maak saam musiek en leer jou kind rympies en liedjies.

13 Moedig jou kind aan om sy verbeeldin­g te gebruik. Laat hom dink aan verskillen­de gebruike vir ’n boks: Dit kan ’n motor, ’n vuurpyl of ’n huisie wees.

14 Versamel boksies van verskillen­de groottes en laat jou kind dit aan mekaar vasplak.

15 Bou ’n hindernisb­aan met dinge soos kussingslo­pe en duvets.

16 Maak jul eie soutklei. Meng ½ koppie water met 1 eetlepel sonneblomo­lie. Roer 2 koppies koekmeel en ½ teelepel sout by. Knie tot ’n deeg vorm. Giet nog water by indien nodig. Voeg voedselkle­ursel by en knie goed. Bêre in ’n plastieksa­kkie om die klei sag te hou.

17 Maak self verf. Meng 1 koppie meel met 1 koppie sout. Voeg 1 koppie water by en meng tot glad. Verdeel die mengsel in plastieksa­kkies en voeg verskillen­de kleure voedselkle­ursel by elke sakkie. Voeg nog water by om dit te verdun. Giet dit in botteltjie­s met deksels.

18 Meng skottelgoe­dseep met water en giet dit in leë borrelhoue­rtjies. Blaas borrels.

19 Bou saam met jou kleinding ’n vulkaan. Bou dit uit klei of papiermach­é en maak ’n gat in die middel. Gooi nou 2 teelepels koeksoda in en giet asyn stadig daaroor.

19 Wys jou kind hoe om eenvoudige halssnoere van pasta te maak. Ryg verskillen­de soorte rou pasta aan ’n toutjie.

20 Maak ’n hoedjie van enige gekleurde papier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa