Baba & Kleuter

So het ons dit gedoen’

-

ANNE JANSE VAN RENSBURG, PRETORIA:

My vriendinne het altyd gedink ek maak vir myself net meer werk, maar ek het graag meel op my tweeling se tafeltjie gegooi waarin hulle heerlik kon speel (en mors!).

CHRISTA PAUL SEN, BLOEMFONTE­IN:

Ek maak net my kas met potte of panne vir my dogtertjie oop en sy geniet dit gate uit!

MARISKA DE WIT T, POLOKWANE:

Ek onthou nog hoe my ma altyd vir ons allerhande diere uit wasgoedpoe­ierbokse en foeliehoue­rs gebou het. Dit was wonderlik. Vandag doen ek dit ook.

ZINTA DE VILLIERS, PRETORIA:

Ek trek ’n tou deur ’n klompie leë toiletpapi­errolletji­es en maak ’n klomp blink goeters daaraan vas wat ’n lekker geraas maak. Kleintjies speel te heerlik daarmee.

ANNATJIE PRETORIUS, R ANDFONTEIN:

Ek gee my kleintjie ’n houtskinkb­ord en hy vul dit met grond. Hy versier dit dan met klippies, takkies, gras en blommetjie­s, tot ’n plastiekba­kdammetjie. Dan gaan hy op ’n goggajag vir sy tuintjie ...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa