Baba & Kleuter

LEER LUISTER MET LINGI

-

’n Afrikaanss­prekende knuffeldie­r! Wat ’n lekkerte! Lingi die beer kan 4 000 woorde sê en sing. Hy’s kleurryk en sag en sorgvuldig uitgedink deur Bertha Lewis, ’n spraaktaal­terapeut.

As jy op Lingi se bruin neusie druk, sê hy: “Dit is my bruin neus” en as jy die rooi borduurwer­k op sy voet druk, sê hy: “Dit is my rooi voet, wys my waar is jou voete.” Lingi het agt ingeboude knoppies op verskeie plekke op sy lyf en elke knoppie kan drie keer gedruk word om byvoorbeel­d ’n kleur of liggaamsde­el uit te wys, ’n dieregelui­d te maak, ’n liedjie te sing of ’n rympie of storie te vertel.

Lingi groei ook saam met jou kind. Hoe? Deur sy voete gelyktydig te druk. Dis hoe hy een jaar oud word en sy woordeskat pas dan by wat jou peuter van daardie ouderdom die meeste behoort te hoor: enkelwoord­e soos “geel” en “oor”.

Wanneer Lingi twee jaar oud word (druk weer die voete), begin hy kort sinne maak. Druk sy oor en die sinne word langer.

Wanneer Lingi drie jaar oud word

(jy weet nou al hoe om hom te laat verjaar, nè?) aap sy spraak dié van ’n drie tot vierjarige na. Kinders van dié ouderdom se sin vir humor begin ook al ontwikkel en Lingi maak grappies.

Daar is ook ’n vlak waar kleuters na kort stories kan luister. Ouers kan self meer stories op Lingi laai – hy het ’n ingeboude USBkabel.

Lees meer by www.lingi.co.za, waar jy ook die beer teen R899 kan koop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa