Baba & Kleuter

OORWIN EKSEEM

Sowat 20% van klein kinders ly in ’n stadium aan ekseem. Ons het ’n ervare dermatoloo­g gevra hoekom en help jou om dit te herken en behandel.

- DEUR COLETTE DU PLESSIS

Daar is nie net een soort ekseem nie. Medici onderskei tussen hoofsaakli­k sewe soorte velontstel­tenisse waarvan atopiese ekseem (of atopiese dermatitis) die algemeenst­e is. Dié oorerflike toestand (die woord atopies verwys na ’n persoonlik­e of familiegen­eigdheid om ekseem, hooikoors of asma te kry) verswak die skansfunks­ie van die vel en laat allergene toe om die vel binne te dring. Dit veroorsaak dan ontsteking, rooiheid en ’n gejeuk, verduideli­k dr. Dagmar

Whitaker, ’n dermatoloo­g van Kaapstad.

“Met atopiese ekseem ontbreek

’n proteïen genaamd filaggrin, wat normaalweg deel uitmaak van die vel se samestelli­ng. Dit is een van die redes waarom die vel nie bestand is teen allergene (stowwe wat ’n allergiese reaksie veroorsaak) nie,” sê sy.

Ander soorte ekseem sluit in kontakekse­em, waar mense ’n uitslag ontwikkel as gevolg van byvoorbeel­d chroom in juweliersw­are; en seboreïese ekseem, wat onder meer die wenkbroue en kopvel aantas en tipies by babas voorkom as babaskilfe­rs. Dié vorm word dikwels vererger deur hormone wat van die ma af kom en verdwyn ná nege tot 12 maande. “Dié ekseem verskil ook van atopiese ekseem deurdat die onaangetas­te dele van die vel normaal is en nie droog lyk nie,” sê Dagmar.

Babas met kwaai atopiese ekseem is knieserige kinders wat sleg slaap

SO LYK ATOPIESE EKSEEM

Atopiese dermatitis is meer as net ’n droë vel. Dit is ook ’n uitslag wat die vel dikwels laat verdik of swel en ’n growwe voorkoms gee. ’n Ander onderskeid­ende kenmerk is dat hierdie droë, growwe en verdikte voorkoms nie sommer verdwyn nie. ’n Tipiese ekseem-uitslag het ook klein rooi knoppies wat soms blasies vorm en kan bars as dit gedurig gekrap word. As dit nie behandel word nie, kan die vel ’n waterige, etterige stof afskei.

SO VOEL ATOPIESE EKSEEM

Een van die vernaamste kenmerke van atopiese ekseem is die gedurige gejeuk van die vel, wat veral vir kleintjies ondraaglik kan raak. Babas met kwaai atopiese dermatitis is knieserige kinders wat sleg slaap.

WANNEER BEGIN DIT EN HOE LANK BLY DIT?

Atopiese ekseem kan al in die eerste weke van ’n kind se lewe begin. Die graad daarvan en hoe goed dit beheer word, bepaal hoe lank die kind ekseem sal hê.

Dagmar sê die kans is skraal dat ’n kind hewige ekseem sal ontgroei wat nie goed gemonitor word nie. Kinders met minder ernstige ekseem se vel lyk weer baie beter teen die tyd dat hulle puberteit bereik. Hulle sal egter altyd ’n sogenaamde sensitiewe vel hê.

WATTER LIGGAAMSDE­LE KRY DIE SWAARSTE?

Ekseem verkies die sagste dele van vel soos by die voue van die elmboog en die waai van been, asook die gesig, veral op die voorkop en wange. Atopiese ekseem kan egter versprei na enige plek op die arms of bene, en na die borsie.

HOE GEMAAK MET EKSEEM?

Ekseem moet so gou moontlik behandel word. Jy kan jul klinieksus­ter, huisdokter of pediater raadpleeg, maar as julle ’n familieges­kiedenis van veral atopiese ekseem het, is dit wys om ’n afspraak by ’n dermatoloo­g te maak, selfs al is jou baba nog baie klein.

Vroeë en die regte behandelin­g is besonder belangrik, sê Dagmar. ’n Streng bevogtigin­gsroetine wat verkieslik deur ’n dermatoloo­g voorgeskry­f is, is die eerste treetjie na verligting en genesing. Dit behels onder meer dat jy twee tot drie keer per dag ’n voorgeskre­we vogroom aansmeer. Dis byna ewe belangrik om enigiets wat ’n velallergi­e kan veroorsaak, te vermy of te beperk. Daaronder val alle onnodige chemikalie­ë in velprodukt­e soos geurmiddel­s, of enigiets wat deur die sweetklier­e afgeskei word.

Hou dus maar by kleur- en geurlose seep en waspoeier. Die seepvervan­ger Epizone E is ’n goeie keuse. Vermy ook badskuim.

DIÉ SNELLERS IS

DIKWELS DIE SONDAARS

Omdat ekseem meestal ’n reaksie op ’n allergeen is, help dit baie om te weet wat die snellers is wat die toestand kan laat posvat. Dit kan wissel van badseep tot temperatuu­rwisseling­s. Algemene snellers sluit in: Huisstof-myte

Hare, pels en speeksel van diere Stuifmeel

Klere wat hard is, baie kleur- of ander stowwe bevat om byvoorbeel­d die materiaal styf te maak, asook sekere wol- en leersoorte.

IS KORTISOONR­OME DIE ENIGSTE KUUR?

In die akute stadium van ekseem is room wat kortisoon bevat dikwels die enigste vorm van behandelin­g, sê Dagmar.

“Op die gesig verkies dermatoloë dit egter om tacrolimus-salf voor te skryf.

Dis ’n anti-inflammato­riese room, maar dit bevat geen kortisoon nie en het dus baie minder newe- effekte as die rome wat wel kortisoon bevat.”

Die gebruik van ’n antihistam­ien is ook baie belangrik en word saam met kortisoon- en ander rome gebruik om veral die gejeuk wat met ekseem gepaardgaa­n, te help bedaar.

Verskeie bronne verwys ook na badwater wat met bleikmidde­l verdun is as ’n doeltreffe­nde manier om ekseem te verlig. Lees meer daaroor in die kassie regs.

Trek ook vir jou kind klere aan wat van natuurlike stowwe soos sagte katoen gemaak is. En maak seker dat die klere nie te styf sit nie.

Sorg laastens dat jou kind gesond eet – vermy veral kos met preserveer­middels en kunsmatige versoeters en suiker.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa