Baba & Kleuter

ONS FANTASTIES­E VEL

-

Jou vel is die hoofgrens tussen kieme en jou liggaam. Dink daaraan as die kleefplast­iek wat jy om ’n toebroodji­e draai om dit vars te hou en teen vlieë en ander nare goggas te beskerm. Die dun buitenste lagie van die vel doen dieselfde werk.

Jou vel het ook twee ander lae: ’n taamlike soepel middelste laag en ’n vetterige laag op die diepste vlak. Elkeen van hierdie lae bevat ’n kombinasie van velselle, water en vette wat die vel gesond moet hou.

Op die Britse webtuiste eczema.org word die voorbeeld van ’n baksteenmu­ur gebruik om die werking van die vel te verduideli­k: Die buitenste velselle is die stene terwyl die vette en olies die sement is wat die stene bymekaarho­u en die muur teen vogverlies seël.

Wanneer jy ekseem het, produseer jou vel nie so baie vette en olies soos ander mense s’n nie. Die vog wat binne moet bly, syfer dan deur klein openinge in die baksteenmu­ur en so kom die goggas in wat jou vel irriteer. Dinge soos gewone seep, veral skottelgoe­dwasseep en badskuim, drink die olies op almal se vel in, maar as jy ekseem het, rig dit soveel meer skade aan: Die vel raak geïrriteer­d, vorm klein barsies en kan ook ontsteek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa