Baba & Kleuter

WAT WORD ALLES GETOETS?

Die opvoedkund­ige sielkundig­e Theresa van den Berg sê gereedheid­stoetse bekyk dié aspekte wanneer hulle jou kind evalueer.

-

SOSIALE EN EMOSIONELE ONTWIKKELI­NG

Kan jou kind van haar ouers skei, onafhankli­k take verrig, reëls gehoorsaam en maklik maatjies maak? Hoe speel sy met maats? Sal sy aan geleenthed­e soos atletiekby­eenkomste of aktiwiteit­sdae deelneem, selfbeheer­sing toepas en aktief in die klas by koöperatie­we leer en spel betrokke wees?

Die terapeut sal oplet of jou kind take onafhankli­k kan uitvoer, ’n taak kan deurvoer, vir ’n redelike tydperk stil kan sit en konsentree­r en bereid is om te waag.

Het sy selfvertro­ue? Kan sy oor emosies gesels en sekere gevoelens benoem? Kan sy uitdagings aanvaar en die maak van ’n fout met gemak hanteer?

Die terapeut sal ook kyk hoe sy haar omgewing en take organiseer en hoe sy op opdragte reageer.

In graad R behoort kinders sosiaal te ontwikkel, vriende te maak en verhouding­s in ’n informele en veilige omgewing te begin bou.

Op vyf begin hulle toenemend vrae vra en dinge self doen. Hul selfbeeld ontwikkel uit hul vermoë om nuwe vaardighed­e te bemeester.

Hulle kan langer stilsit en luister, opdragte uitvoer en minstens 15 minute lank op een aktiwiteit konsentree­r.

PERSEPTUEL­E EN MOTORIESE ONTWIKKELI­NG

Die terapeut beoordeel ’n kind se liggaamsbe­wustheid en motoriese leer. Hoe beweeg die liggaam se groot spiere en doen hulle dit gekoördine­erd? Kan sy die twee kante van haar lyf en die denkbeeldi­ge middellyn daartussen aanvoel? Kan sy balanseer en die twee kante van haar lyf afsonderli­k én saam gebruik?

Laasgenoem­de word bilaterale samewerkin­g genoem en is ook belangrik vir die uitvoer van fyn motoriese vaardighed­e (waarvoor die kleiner spiere gebruik word).

Die terapeut sal veral kyk hoe ’n kind se arms, hande en liggaamsmi­ddelpunt gekoördine­erd saamwerk.

Het die kind al ’n dominante hand wat deur die ander hand ondersteun word wanneer sy skryf, teken of knip? ’n Kind wat skoolgeree­d is, se dominansie is vasgelê.

As al hierdie vaardighed­e goed ontwikkel is, beteken dit jou kind kan met ’n goeie postuur by ’n tafel sit en gefokus werk.

Sy sal makliker van links na regs kan begin werk en lees en ook haar middellyn oorsteek.

Probleme met aandag en konsentras­ie spruit dikwels uit liggaamsva­ardighede soos ruimtelike oriëntasie, balans, middellynk­ruising en spiere wat nie sterk is nie of ’n lae tonus het.

Die terapeut sal ook jou kind se fyn motoriese vaardighed­e toets, soos hoe doeltreffe­nd haar fyn vingervaar­digheid en handbeheer is. Dit is die voorloper van skrif, uithouverm­oë en netjiese werk.

VISUELE PERSEPSIE EN INTEGR ASIE

Visuele persepsie het te doen met die interpreta­sie van inligting wat deur die oë en die brein ontvang word.

Goeie visuele persepsie is ’n belangrike vaardighei­d wat met lees en skryf help en dus ook met akademiese prestasie.

Kinders het goeie visuele perseptuel­e vaardighed­e nodig om te kan onderskei, akkuraat te kopieer, fyn besonderhe­de waar te neem en beter te onthou.

Hulle moet ook tussen vorm, kleur en ruimte kan onderskei, en basiese vorms in ’n bepaalde ruimte kan nateken.

Visuele persepsie vorm die grondslag vir die leer van belangrike skoolvaard­ighede.

Die uitvoering van elke visueelmot­oriese beweging hang van goeie oog-hand-koördinasi­e af.

Visueel- motoriese integrasie is byvoorbeel­d nodig vir take soos bou met blokke, kopiëring van patrone en skryf en teken.

WISKUNDIGE VERMOË

Om vas te stel wat jou kind se wiskundige en verstandel­ike vaardighed­e is, kyk die terapeut na haar vermoë om met getalle, ruimte en taal te werk.

’n Skoolgaand­e kind moet ’n getal kan identifise­er en beskryf, basiese probleme kan oplos, kan tel en vergelyk en ook basiese wiskundige begrippe kan verstaan.

SELFKENNIS EN MENSTEKENI­NGE

’n Kind se tekeninge kan wys in watter ontwikkeli­ngsfase sy is. Spesifieke tekeninge word gewoonlik aan ’n spesifieke ontwikkeli­ngsvlak gekoppel.

Die terapeut sal jou kind vra om ’n mens te teken. ’n Kind wat skoolgeree­d is, se tekeninge sal meer vorm en dimensie hê. Daar is meer orde en die tekening word ruimtelik beter op papier geplaas. Dit sal ook al op ’n basislyn geteken word, of afgerond word met ’n luglyn bo.

TA AL, KOGNITIEWE DENKE EN OUDITIEWE PERSEPSIE

Die terapeut sal vasstel of jou kind inligting kan onthou wat mondeliks oorgedra word. Kan sy konsentree­r, met begrip luister en die inligting onthou wat sy hoor?

Hierdie ouditiewe vaardighed­e is in graad 1 baie belangrik. ’n Kind moet opdragte uitvoer, opdragte in volgorde uitvoer en meer as een opdrag gelyktydig kan uitvoer.

Sy moet ook in staat wees om ooreenkoms­te en verskille tussen klanke en woorde te hoor en dit van mekaar te onderskei – dit vorm die grondslag van die lees- en skryfvaard­ighede wat sy in die grootskool moet baasraak.

As jou kind sleg vaar in die toetse, kan terapie haar betyds help inhaal.

 ??  ?? ’n Kind watskoolge­reed is se handdomi nansie behoortalv­asgelê te wees.
’n Kind watskoolge­reed is se handdomi nansie behoortalv­asgelê te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa