Baba & Kleuter

WAAR? WANNEER? HOE?

Dr. Arina Lanser, ’n gereedheid­stoetsspes­ialis, beantwoord jou vrae oor skoolgeree­dheidstoet­se.

-

WAAR MOET EK L A AT TOETS?

Die toetsing word meestal deur opvoedkund­ige sielkundig­es gedoen, maar sommige ander terapeute en maatskapli­ke werkers is ook daarvoor opgelei. Die toetsing kan dus in die privaat praktyk of by opvoedkund­ige instelling­s soos universite­ite gedoen word.

WANNEER MOET EK LA AT TOETS?

Doen dit verkieslik in die eerste helfte van die voorskools­e jaar (op die laatste in Junie of Julie) of so na as moontlik aan jou kind se sesde verjaardag. Jou kind sal dalk terapie nodig hê om haar vir die grootskool reg te kry en dit sal drie tot ses maande duur.

VRA SKOLE DIE UITSL AE VAN DIE TOETSE A AN?

As jy toestemmin­g nodig het om jou kind nog ’n jaar uit die skool te hou, sal jy moet kan bewys dat jou kind nog nie skoolgeree­d is nie. Die meeste skole verkies dit om verslae op rekord te hê omdat dit sowel die kind se uitdagings as sterk punte uitwys. Baie skole dring op ’n verslag aan as die kind vyf is en voor 30 Junie ses word, omdat graadeentj­ies onder ses soms meer uitdagings as ouer kinders het.

MOET EK MY KIND TERUGHOU AS DIE TOETS WYS SY IS NIE GEREED NIE?

As sekere dele van jou kind se ontwikkeli­ng nie op peil vir graad 1 is nie, kan dit nie net haar leervermoë beïnvloed nie, maar ook haar emosionele welsyn. Maar elke kind is uniek en dis belangrik dat haar volledige situasie en ontwikkeli­ng in ag geneem word.

Die wet bepaal dat alle kinders skool toe moet gaan in die jaar waarin hulle sewe word, maar hulle kan op vyf jaar oud gaan mits hulle voor 30 Junie ses word.

Om ’n kind wat sewe word terug te hou, bring probleme mee soos oorgereedh­eid en dat sy nie noodwendig in haar regte ouderdomsg­roep aan sport kan deelneem nie.

Die klas kan ook dan op verskillen­de vlakke werk – in een klas kan daar vyfjariges wees wat voor 30 Junie ses word, kinders wat amper sewe is, kinders wat reeds sewe is en agtjariges wat graad 1 herhaal.

As jou kind nie goed met die skoolgeree­dheidstoet­s gevaar het nie, maar reeds skoolpligt­ig is en daar nog ’n paar maande van die jaar oor is, is die beste plan om haar vir terapie te stuur voor jy haar net terughou. Dan is daar ’n goeie kans dat sy betyds inhaal.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa