Baba & Kleuter

SPAAR IS ’N STORIE!

-

Dis ’n goeie plan om jou kinders van jongs af te leer om ’n geldjie vir die toekoms weg te sit. En natuurlik is daar ’n toep wat daarmee kan help. Kyk ’n bietjie na Sanlam se gratis Sanlam Savings Jar, waar ’n vriendelik­e draak aan die woord is en met kinders gesels. Hoe meer geld julle spaar, hoe groter word die draak. Die toep maak ’n avontuur van spaar, want julle werk met ’n doel. Om jul mikpunt te bereik, moet planne beraam word. Is daar talente wat ingespan kan word om te help? En laastens, om te spaar moet mens ook geduld hê. Lees meer oor die toep by sanlam.co.za of laai dit van jou toepwinkel af. Daar is ook ’n 21-dag-spaaruitda­ging wat jy saam met jou kind kan aanpak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa