Baba & Kleuter

WAT JY LIEFS NIE MOET DOEN NIE

-

1 PROBEER OM NIE DIE AAND OF OGGEND VOOR DIE EERSTE SKOOLDAG

JOU HUMEUR TE VERLOOR NIE. Wees ferm oor gesinsreël­s, maar verskoon dit maar as iets nie na wense opgeruim of gedoen word nie. Hou die atmosfeer lig en gemoedelik.

2 MOENIE R A A S OOR ONTBY T WAT

NIE GEËET WORD NIE – haar senuwees knaag. Stel liewer voor dat sy net ’n happie neem van iets waarvan sy werklik hou – soos ’n stukkie kaas of ’n happie jogurt – al was dit nie deel van die ontbyt wat jy voorgesit het nie. Dit sal help om haar tot pouse deur te sien, wanneer sy al gemakliker sal voel en haar kosblik met mening sal bydam.

3 MOENIE TE L ANK OM JOU KIND

DR A AI omdat jy self onseker is nie. Hou die afskeid kort, al is dit moeilik. Kinders kan aanvoel as jy senuagtig is en dit laat hulle ook angstig voel. Moet aan die ander kant nie wegsluip nie. Kinders kan baie gou ontredderd voel en werklik bang wees as hulle nie weet waarheen jy verdwyn het en wanneer jy gaan terugkom nie. Hierdie angstighei­d kan heeldag knaag en hul dag bederf. Laat hulle liewer op ’n subtiele manier weet dat jy nou gaan – “ek sien so uit na wat jy my vanmiddag gaan vertel wanneer ek jou weer kom haal” – en verlaat die klas sonder ’n fanfare. 4 MOENIE DIE JUFFROU OP DIE EERSTE SKOOLOGGEN­D STORMLOOP en lang lyste inligting oor jou kind uitblaker nie, dit kan jou kind baie verleë maak én die juffrou moet aandag aan al haar nuwelinge skenk. Skryf liewer ’n nota as daar dringende inligting is wat jy met die juffrou moet deel.

5 MOENIE JOU KIND SONDER DIE NODIGE SKOOLBEHOE­FTES SKOOL

TOE STUUR NIE. Maak vooraf seker van die skryfbehoe­ftelys en wat jou kind nog op die eerste dag moet saamneem, anders voel sy onvoorbere­id en onseker.

6 MOENIE DAT JOU EIE SENUWEES OP

HOL RA AK NIE. Ouers is dikwels meer gespanne as hul kinders en kan maklik oor nietige goedjies oorreageer. Wees so gemoedelik en gelykmatig moontlik. Jou spanning word jou kind se spanning en sommige kinders ervaar dit baie intens. ●

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa