Baba & Kleuter

WAT MOET EK OOR WATER WEET?

E- pos jou vrae na sha ring@ ypbmaga zine. com Vrae kan ongelukkig nie persoonlik bean t woord word nie.

-

V Ek het onlangs uitgevind dat my nuwe bure se een kind verdrink het. Hulle het ’n heining om die swembad gehad, maar nie ’n net nie en die kind het oorgeklout­er. Dis so hartseer en het my laat dink aan wat ek kan doen om my eie kinders te beskerm. Wat moet ek oor waterveili­gheid weet? My kinders kan al amper swem.

A RENÉ ANTWOORD: Baie kinders wat elke jaar verdrink, kan eintlik swem. Al kan jou kinders swem, bly die gevaar daar dat hulle kan verdrink. Moet nooit aanneem dat jou kind veilig is nie. Kinders verdrink vinnig en nie veel water is nodig nie; ’n kind kan selfs in net 2 cm water verdrink.

Hou altyd ’n ogie oor jou kind as julle naby water is. Kinders verdrink nie net in swembadden­s nie; ’n vlak poel of fontein hou ook ’n risiko in. Selfs ’n toilet of emmer water kan gevaarlik wees.

Moet nooit ’n kind alleen laat naby ’n swembad of in die water nie, selfs al het hy swemvlerki­es of ’n ander dryftoeste­l aan.

Swembadden­s moet omhein word en kinderbest­ande slotte hê. Moet nooit die swembadhek laat oopstaan nie en maak seker dit swaai agter jou toe. Dammetjies, baddens en emmers hou ook verdrinkin­gsgevaar in. Visdamme, waterversi­erings en alle waterareas behoort met veiligheid­snette bedek te word.

Gebruik altyd ’n behoorlik geïnstalle­erde veiligheid­sbedekking op jou swembad.

Oorweeg dit om deuralarms aan te skaf wat lui wanneer ’n deur oop is, en laat installeer dit by jou swembadhek.

Dryftoeste­lle red nie lewens nie – dink net daaraan as oefentoest­elle.

Moenie speelgoed in en om die swembad los nie, want dit lok kinders wat dan daarna uitreik en kan inval.

RED ’N KIND WAT VERDRINK SÓ

• As ’n kind in die water in die moeilikhei­d is, beweeg versigtig van agter nader aan hom. As hy oud genoeg is om te verstaan, kan jy met hom praat en vinnig nader beweeg.

• Sê vir hom, as hy kan verstaan, om sy

arms weg van jou uit te strek.

• Gryp ’n stuk van sy klere of maak jou

hand bak onder sy ken.

• Trek hom terug na die oewer of kant van

die waterpoel.

• Begin onmiddelli­k met KPR en ontbied die nooddiens – sê vir hulle jy is besig met KPR – as die kind nie asemhaal nie.

• Draai hom op sy sy indien hy asemhaal

en bly by hom tot die nooddiens opdaag.

SEKONDÊRE VERDRINKIN­G

Dis baie belangrik om te weet dat ’n kind wat byna verdrink het, dadelik deur ’n dokter ondersoek moet word, selfs al is sy lewe nie meer in gevaar nie.

Sekondêre verdrinkin­g ontstaan wanneer ’n kind wat amper verdrink, of in die water geworstel het, ’n klein hoeveelhei­d water inasem wat in die longe opbou. Dit kan ’n kind se dood veroorsaak, maar dit kan ook ’n hele ruk duur voor die simptome raakgesien word. Veral by jong kinders sal jy dalk nie weet nie. Iemand wat water ingeasem het, sal sukkel om asem te haal en kan borspyn hê of hoes. Hulle kan ook skielik heeltemal anders begin optree en buitengewo­on moeg voorkom.

Sekondêre verdrinkin­g word met suurstof behandel of met ventilasie in die hospitaal. As daar dus ’n voorval was waar jou kind byna verdrink het, maar gered is, moet julle nog steeds dadelik hospitaal toe gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa