Baba & Kleuter

NOG WENKE VIR WATERVEILI­GHEID

-

• Moet nooit kinders alleen in die bad laat nie. Ignoreer die telefoon en deurklokki­e, of neem jou kind saam.

• Gebruik ’n glyvrye matjie in die bad. • Toilette moet met ’n veiligheid­s

knippie toe gehou word.

• Maak baddens, emmers en plasswemba­djies leeg as julle klaar is en moet dit nie laat rondstaan nie. • Sorg dat jou visdammetj­ie ook

beveilig is.

• Sorg dat kinders nie toegang tot

die jacuzzi het nie.

• As julle naby ’n rivier, vlei of dam

woon, moet die tuin omhein wees. • Gebruik altyd reddingsba­adjies op

’n boot.

• Hou jou kinders dop op die strand en moenie swem waar daar nie lewensredd­ers is nie.

• As jou kinders bedags by ’n oppasser bly, moet sy kan swem, die veiligheid­smaatreëls verstaan en in KPR opgelei wees.

• Leer jou kind om nooit in onbekende water te duik of spring nie, of wanneer daar mense in die pad is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa