Baba & Kleuter

IDEES SONDER VREES

-

Die Amerikaans­e rubriekskr­ywer Lenore Skenazy het haar ’n klompie jare gelede die woede van koerantles­ers op die hals gehaal toe sy skryf hoe sy haar toe negejarige seun alleen op New York se moltreine laat ry het.

Die ontstelten­is van lesers het haar genoop om ’n beweging te begin wat sy Free Range Kids genoem het. Die beweging het hom beywer vir ’n samelewing waarin kinders die kans gegun word om kanse te waag en van jongs af onafhankli­k op te tree.

Sy het ook ’n boek met die titel Free

range Kids geskryf wat in 2021 bygewerk en heruitgege­e is.

Sy glo kinders moet soms misluk ten einde te leer. “Ons wil nie hê ons kinders moet van ’n fiets afval nie. Maar ons wil hê hulle moet leer hoe om fiets te ry. Ons het

dus ’n keuse: Ons kan die fiets vir ewig vashou – dan sal hulle nooit val nie – of ons kan hulle voorspoed toewens en loslaat! Die kans is goed dat hulle die een of ander tyd sal val. Maar wanneer hulle weer opstaan, het twee goeie dinge gebeur: Hulle weet hulle kan val, maar ook weer opstaan, en hulle leer om fiets te ry.”

Julie Spiegler en Gever Tulley, skrywers van die boek Fifty Dangerous Things (You Should Let Your Children Do)

vertel hul boek was ’n reaksie op vreesgegro­nde ouerskap.

“Natuurlik moet ons ons kinders teen gevaar beskerm,” sê Gever. ”Maar wanneer dit in oorbeskerm­ing verander, misluk ons as samelewing omdat kinders nie leer hoe om self ’n risiko te beoordeel nie. Laat kinders oefen om bome te klim – en hulle sal leer om dit veilig te doen. As jy nooit jou kind laat boomklim nie, sal hulle dit uiteindeli­k wel doen, waarskynli­k op die mees onveilige manier moontlik.”

Veiligheid­skenners stem saam dat ’n mate van risiko noodsaakli­k is om kinders gesond te laat ontwikkel. ChildSafe, die Kinderonge­luksvoorko­mingstigti­ng van Suidelike Afrika, skryf op hul webblad: “Dis natuurlik dat kinders kanse wil waag – en moet waag – terwyl hulle speel.

Dis belangrik dat hulle ’n stimuleren­de, uitdagende omgewing het wat hulle kan verken en waar hulle hul vermoëns kan slyp.” Hulle moet egter nie in die proses blootgeste­l word aan onaanvaarb­are risiko’s vir sterfte of ernstige besering nie, waarsku die blad (childsafe.org.za).

Die skrywer Ansie Kitching beskryf dit mooi in haar boek, Die 4x4 avon

tuur van ouerskap: “Ons kan hulle (ons kinders) nie volledig van die eise van die volwasse wêreld afskerm tot op die dag dat hulle die huis verlaat en dan hoop hulle sal die avontuur oorleef nie. Ons moet hulle juis voorberei om die eise daarbuite te hanteer, terwyl hulle nog binne die beskermde omgewing van die ouerhuis is.”

Ons kan ons kinders nie volledig van die eise van die volwasse wêreld afskerm tot op die dag dat hulle die huis verlaat en dan hoop hulle oorleef die avontuur nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa