Baba & Kleuter

Slim idee

-

MAAK ’N DROOMPLEK VAN PLANTE

Elke kind smag na ’n boomhuis, maar nie alle tuine het bome waarin boomhuise gebou kan word nie. Maak vir jou kind ’n tipitent van stokke en rankplante. Jy het ses lang riete (of besemstokk­e) nodig. Plant dit stewig in die grond in die vorm van ’n C – die oop kant van die C sal die deuropenin­g vorm. Bind die bokante van die stokke aanmekaar met ou sykouse en plant vinnige rankers langs elke stok. Gebruik verskillen­de plante: rankboontj­ies, eendagmooi­blomme ( morningglo­ry), jasmyn en selfs pronk- ertjies en kappertjie­s. Plant gras wat van skaduwee hou in die tent en binne ’n paar maande sale jou kleinding ’n eie spesiale, toegerankt­e speel- en wegkruippl­ek in die tuin hê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa