Baba & Kleuter

NOG LEKKER TUINDINGE

-

• ONT WERP ’ N FEETJIETUI­N! Onthou, feetjies hou van ’n stil hoekie met fyn blommetjie­s, varings, ’n bietjie water ... al wat jy nodig het, is ’n goeie verbeeldin­g.

• LÊ OP DIE GR AS EN BEK YK WOLKE.

• VOER VOËLTJIES met saad, ou brood en vars vrugte soos lemoene en appels wat in die helfte deurgesny is. Dit sal sorg dat ’n groot verskeiden­heid voëls in jul tuin kom kuier. Kwikstertj­ies hou weer van ’n bietjie rou maalvleis of klein stukkies kaas. • HOU PIEKNIEK . Onthou ’n mooi kom

bers, mandjie en lekker kos.

• HOU ’ N SK AT TEJAG. Vra die kinders om iets in die tuin te soek, in al die kleure van die reënboog, of iets wat met ’n sekere letter begin (as hulle al kan spel). Of laat hulle soek na blommetjie­s wat dieselfde kleur is as hul klere, ’n blaartjie met gladde rande, ’n roosblaart­jie, ’n blommetjie met 10 blaartjies.

• SOEK PA A SEIERS. Maak net seker jy onthou waar jy dit weggesteek het en sorg dat die honde dit nie kry voor die kinders wakker word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa