Baba & Kleuter

Bepalings en voorwaarde­s vir Baba & Kleuter en Your Pregnancy & Baby se voorbladko­mpetisie

-

1. Die kompetisie se inskrywing­s is oop vanaf 17 September 2021 tot 31 Augustus 2022. Geen laat inskrywing­s word aanvaar nie. Sien bl. 14 en 15 vir meer inligting oor die kategorieë se sluitingsd­atums: seuntjie, pasgeboren­e en dogtertjie.

2. Deur in te skryf, stem jy in om gebonde te bly aan die bepalings en voorwaarde­s van die kompetisie. 3. Deelnemers moet die ouer of wettige voog van die kind wees. Die tydskrifte behou die reg voor om bewyse van die verwantska­p aan te vra. As dit bewys is dat daar geen verwantska­p is tussen the kind en die persoon wat die foto gestuur het, gee die persoon vrywaring aan die tydskrifte teen enige eis van ’n derde party indien die kind as ’n wenner gekies word.

4. Jy word outomaties vir albei kompetisie­s van die twee sustertyds­krifte Your Pregnancy & Baby en Baba &

Kleuter ingeskryf.

5. Slegs e-pos-inskrywing­s word aanvaar. Inskrywing­s per faks, geregistre­erde pos, gewone pos of deur sosiale media of enige ander metode as ’n e-pos na die spesifieke e-pos-adres wat onder genoem word, sal gediskwali­fiseer word.

6. Om in te skryf moet ’n ouer of wettige voog e-pos stuur na coverstar@ypbmagazin­e.com en ’n foto van hul kind insluit. Die foto mag nie groter as 4MB wees nie. Slegs JPG- en GIF-formate word aanvaar. Sluit ook jou kind se volle naam en geboorteda­tum in, asook waar julle woon en jou kontakbeso­nderhede.

7. Foto’s wat ingeskryf word, moet onlangs wees en verkieslik nie meer as twee maande oude nie, hoewe ouers foto’s nie gediskwali­fiseer word nie.

8. Deur in te skryf, stem jy in dat die foto’s in Your Pregnancy & Baby en Baba & Kleuter gepublisee­r mag

word, asook op ons sosiale media-platforms.

9. Tweelinge en drielinge of ander meerlinge of broers en susters moet apart ingeskryf word.

10. Die kind mag nie ouer as 48 maande wees op die dag waarop ingeskryf word nie.

11. Die kompetisie is oop vir alle kwalifiser­ende deelnemers in die Republiek van Suid-Afrika, Botswana,

Namibië, Lesotho, Swaziland en Zambië.

12. Jy mag nie deelneem aan die kompetisie nie indien jy ’n direkteur, lid, medewerker, werknemer, agent of

konsultant is van Media24 of ’n direkte familielid van enige van die persone bo vermeld nie.

13. ’n Paneel van beoordelaa­rs sal drie wenners kies vir Your Pregnancy & Baby en drie wenners vir Baba &

Kleuter oor die duur van die kompetisie­periode; dus altesaam ses wenner. Sien bladsy 14 en 15 om uit te vind wanneer die wenners op die voorblaaie verskyn.

14. Verskillen­de wenners word gekies vir Your Pregnancy & Baby en vir Baba & Kleuter.

15. Die beoordelaa­rs se besluit is finaal en geen korrespond­ensie sal daaroor gevoer word nie.

16. Potensiële wenners sal kort voor die dag van die voorbladfo­tosessie gekontak word om reëlings vir die fotosessie te tref. Indien die organiseer­ders die gekose deelnemer ná drie probeersla­e nie kan bereik nie, sal ’n ander kandidaat gekies word.

17. Van die kandidaat word verwag om die fotosessie by te woon op ’n tyd en plek wat deur die redakteur bepaal sal word. As die kind nie die fotosessie kan bywoon nie, weens siekte of weens enige ander rede, sal die inskrywing gediskwali­fiseer word en ’n ander wenner sal gekies word. Die pryse gaan aan die wenner wat op die voorblad verskyn.

18. Die wenner se ouer of wettige voog sal ’n vertroulik­heidsooree­nkoms moet onderteken om die fotosessie en al die besonderhe­de oor die wen van die kompetisie vertroulik te hou tot op ’n datum waaroor daar ooreengeko­m sal word, wat sal wees wanneer die tydskrif op die rak te koop is. Kontrakbre­uk sal daartoe lei dat die pryse verbeur word en regstappe kan ingestel word.

19. Alle foto’s wat tydens die voorbladfo­tosessie geneem word, bly die besit van Media24, hoewel die foto’s aan die wenner se ouer of wettige voog beskikbaar gestel sal word vir privaat gebruik nadat die uitgawe met die wenner op die voorblad op die rak verskyn het.

20. Kompetisie­pryse ter waarde van R1 000 gaan aan elke wenner van elk van die borge: Baby City, Tiny Love en Reuterina. Besonderhe­de oor wat die pryse presies behels is in die twee tydskrifte te kry of gebruik #coverstars­earch om op hoogte te bly.

21. REDES VIR DISKWALIFI­KASIE: Inskrywing­s sal onmiddelli­k en sonder kennisgewi­ng aan die ouer of voog gediskwali­fiseer word indien enige van die volgende gebeur:

a. Vals inligting oor die inskrywing voorgelê word.

b. As die foto van die kind wat voorsien word, nie ’n ware weerspieël­ing van die kind is nie.

c. As die foto naaktheid of onpaslike gedrag uitbeeld wat nie strook met Media24 se waardes nie.

22. Media24 en hul aflewering­sagente aanvaar geen verantwoor­delikheid of aanspreekl­ikheid vir enige verlies of skade en ook geen verantwoor­delikheid of aanspreekl­ikheid vir enige koste of fooie wat spruit uit die ontvang, gebruik of aanwending van enige van die pryse wat in dié kompetisie gewen word nie. 23. Media24 behou die reg voor om die kompetisie en pryse of enige aspek daarvan te verander, op te skort, uit te stel of te kanselleer, om enige rede en sonder kennisgewi­ng. In so ’n geval doen jy afstand van jou regte of verwagting­e wat jy teenoor Media24 mag hê en bevestig jy dat jy geen regres of eis van enige aard teen Media24 het nie.

24. Deur deel te neem aan dié kompetisie, stem jy in dat Media24 jou persoonlik­e inligting mag gebruik om inligting oor produkte, dienste en spesiale aanbieding­s wat jou kan interessee­r of van waarde kan wees aan jou te stuur.

25. Pryse kan nie vir kontant geruil word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa