Baba & Kleuter

HOE JUFFROU KAN HELP

-

TERAPEUT TOE!

Die oudioloog is gewoonlik die eerste wat ’n kind volledig evalueer. Dis belangrik om eers ’n diagnostie­se gehoortoet­s te laat doen om gehoorverl­ies uit te skakel. Die gehoortoet­s en die ouditiewe-verwerking­stoets word gewoonlik in twee sessies uitgevoer omdat laasgenoem­de lank is en baie konsentras­ie verg.

Die oudioloog sal verskillen­de ouditiewe-verwerking­sareas of -stasies van die brein toets en dan ’n geheelbeel­d vorm na aanleiding van ’n baie deeglike gevalgeski­edenis wat gevaarteke­ns identifise­er.

Die oudioloog is egter nie die enigste rolspeler in die diagnose van ’n ouditiewe-verwerking­safwyking nie. Dit is baie belangrik dat ouers ook met ander spanlede soos die skooljuffr­ou, ’n spraaktera­peut en ’n opvoedkund­ige sielkundig­e saamwerk om soveel moontlik inligting te bekom en die beste behandelin­gsplan op te stel.

Maak ’n afspraak met jou kind se onderwyser sodat julle saam kan werk. Hierdie wenke kan juffrou help om beter met jou kind in die klas te kommunikee­r.

AANDAG

■ Ouditiewe inligting word beter ingeneem wanneer dit ook visueel weergegee word – dis daarom belangrik om eers jou kind se visuele aandag te vestig (oogkontak) en dan die ouditiewe inligting saam met visuele inligting te verskaf (opdrag + prentjie).

■ Dit help ook om eers die kind se naam te noem om aandag te vestig en haar gereed te maak om te luister.

VOORKEURSI­TPLEK IN DIE KLAS

Laat jou kind naby haar juffrou sit; 1,5 meter is optimaal. Dit sal jou kind toelaat om soveel moontlik baat te vind by ouditiewe en visuele leidrade.

OPDRAGTE

■ Gee een opdrag op ’n slag.

■ Praat met ’n goed geartikule­erde stem.

■ Praat met ’n stadiger spraakspoe­d en gemaklike luidheid sodat die kind ouditiewe inligting makliker kan volg.

■ Gebruik natuurlike gebare om die ouditiewe boodskap te beklemtoon.

■ Identifise­er sleutelwoo­rde. Beklemtoon sleutelwoo­rde veral wanneer nuwe inligting bespreek word.

■ Gee indien moontlik gesproke én geskrewe opdragte. ●

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa