En­gel­brecht se ‘Slaai’ heer­lik on­der­my­nend, soos al­tyd

Beeld - - Boeke - Pa­pe­gaai­s­laai U­MU­ZI, R162

T­heu­nis En­gel­brecht T­heu­nis se laas­te boek was in 1986. Die boek se naam was Om ’n laai­tie te maak en An­dré P. Brink het uit sy pad ge­gaan om fyn­goed daar­van te maak in ’n resensie in Die Bur­ger.

Dalk is dit hoe­kom dit hom 28 jaar ge­vat het om sy vol­gen­de boek te skryf. Maar heel moont­lik nie, aan­ge­sien die Kaap­se li­te­rê­re sir­kels nog al­tyd din­ge heel­te­mal te erns­tig op­ge­neem het en T­heu­nis hom nog nooit aan sul­ke snert ge­steur het nie.

Hy en Dirk Uys is t­wee van die ver­ge­te na­me in al­ter­na­tie­we A­fri­kaan­se kul­tuur wat nog nooit die er­ken­ning ge­kry het wat hul­le ver­dien nie.

T­heu­nis het sy nek uit­ge­steek met “pop”-groe­pe soos Randy Ram­bo en die Rough Ri­ders en Die Naai­ma­sjie­ne. Hier­die groe­pe se mu­siek was in­te­res­sant, maar dit was sy li­rie­ke oor or­ga­ni­sa­sies soos Jong Da­mes Di­na­miek wat die esta­blishment ont­stel het.

Daar­na het T­heu­nis ver­dwyn as naam, maar sy on­der­my­ning het voort­ge­gaan on­der s­kuil­na­me, on­der an­de­re as ru­briek­skry­wer in By.

Ek het ’n vriend ge­had wat al­tyd die term pa­pe­gaai­s­laai ge­bruik het as hy na dag­ga ver­wys het. Dalk was dit T­heu­nis, dalk was dit nie.

Nou is ons al­mal ou­er, wy­ser en nie meer so kwaad vir al­mal nie. Dit be­te­ken nie dat ons goed­keur wat aan­gaan nie, maar ons weet dat ons nie al­les kan ver­an­der nie en daar­om is dit tyd om pret te hê met wat ons doen. Pa­pe­gaai­s­laai is T­heu­nis se pret.

Pa­pe­gaai­s­laai het so­veel ver­steek­te ver­wy­sings dat jy rê­rig skerp moet wees om hul­le al­mal te vang. In Jo­an Ham­bid­ge se resensie in Rapport het sy goed ge- noem wat ek nie eens ge­vang het nie. Ek het ook goed ge­vang wat sy nie ge­noem het nie. Dalk was dit ’n ge­brek aan ruim­te of dalk is die boek se sa­ti­rie­se voet­spoor so groot dat al­mal hul eie pret daar­uit kan kry. Of dalk is dit net om­dat sy terminolog­ie ge­bruik soos: “In die ko­lo­fon word die on­ge­kroon­de ge­meen­te van die a­we­reg­se en die trans­gres­sie­we ver­meld . . .”

Pa­pe­gaai­s­laai ver­dien nie sul­ke sin­ne nie, want Pa­pe­gaai­s­laai is nie ho­ge­re kuns nie. Ek het dit nie ver­wag nie en T­heu­nis sou dit nooit pro­beer doen het nie, maar ho­pe­lik is hier­die die punt van die resensie waar al die li­te­rê­re snobs op­hou lees en al­mal wat van po­li­ties kor­rek­te boe­ke hou, op­hou lees en be­sluit om nie die boek te koop nie.

Pa­pe­gaai­s­laai gaan oor t­wee ou­ens wat die mees­te pa’s nie sal ver­wel­kom as hul dog­ter hul­le huis toe bring nie. Mal­le­tjie en Roc­ky. Hul­le is hus­t­lers, ou­ens wat ’n mak­li­ke ma­nier soek om goeie geld te maak so­dat hul­le nie te veel hoef te werk nie. Hul­le is ook pro­duk­te van ’n nu­we po­li­tie­ke be­de­ling. Ou­ens wat in die ver­le­de werk sou ge­kry het om­dat hul­le wit en A­fri­kaans was, maar nou nie meer so be­voor­reg is nie. En juis om­dat Mal­le­tjie se ou­ma ge­dog het die re­ge­ring sou na haar kyk op haar ou­dag voor din­ge ver­an­der het, dra sy by tot hul fi­nan­si­ë­le druk.

Om hul­self te red uit die ar­moe- de van goed­koop wyn en dag­ga be­sluit hul­le om pri­va­te speur­ders te word. Mal­le­tjie is af­ter all ’n af­ge­dank­te geel­pers-fo­to­graaf en Roc­ky trek die sok­kie oor hip­sters se oë met sy koel DJ sets.

Hul­le word ge­huur om die ver­dwy­ning van ’n ge­wil­de A­fri­kaan­se san­ger op te los en in die pro­ses krap hul­le ’n by­nes van de­ka­den­sie oop wat nie A­fri­kaan­se mu­siek en sy waar­des in ’n goeie lig plaas nie.

Hier is waar die sa­ti­re-deel van die boek in­skop. Of dalk nie. Dalk is dit glad nie sa­ti­re nie. Dalk is dit net die waar­heid van hoe die be­dryf werk en is hier­die dalk die skry­wer se wraak op ’n be­dryf wat hom nog al­tyd met ’n vin­ger in die oog ge­steek het. Dalk was dit nie ’n vin­ger nie.

Die boek is ’n vin­ni­ge lees. Een van daai boe­ke wat jy nie laat in die aand moet be­gin nie, want mô­re­og­gend gaan jy moeg wees.

Die ka­rak­ters le­we. Al ken jy hul­le nie, het jy hul­le al langs jou in die kroeg ge­sien. Hul­le is die men­se met wie jy nie oog­kon­tak wil maak nie, net vir in­ge­val hul­le jou dalk in ’n on­ge­mak­li­ke si­tu­a­sie gaan plaas.

Daar is ’n paar cli­chés en an­der goed wat ge­beur wat nie al­tyd te lo­gies is nie, maar die hu­mor in die boek en die ge­mak waar­mee die sto­rie ver­tel word, ver­ge­we al­les. Dit is die soort boek wat jy pre­sent sal kry van jou tan­nie wat nooit ge­trou het nie.

Pa­pe­gaai­s­laai is bef*k, fou­te en al. Dit mag dalk nie ’n Le­sers­kring-guns­te­ling wees nie, maar daar sal al­tyd een tan­nie in die boek­klub wees wat gaan aan­klank vind en dan haar vrien­din­ne gaan ont­stel deur dit aan te be­veel.

Pa­pe­gaai­s­laai is son­der twy­fel my A­fri­kaan­se boek van die jaar. Of dalk, met die uit­son­de­ring van Ha­ruki Mu­r­a­ka­mi se Co­lor­less T­su­ku­ru Ta­za­ki and His Y­e­ars of Pil­gri­ma­ge, my boek van die jaar. – De­on Maas is ’n skry­wer en do­ku­men­tê­re rol­prent­ma­ker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.