Land van duisend wind­meu­le

Hol­land en wind­meu­le is si­no­niem en by Kin­der­di­jk kan jy jou gaan ver­kyk aan wind­meu­le wat am­per 300 jaar oud is.

Beeld - - Ontspan - S­TE­PHA­NIE TUR­NER @stef­sto­ries

Ne­der­land is al dui­sen­de ja­re in ’n stryd met wa­ter ge­wik­kel X o­ral word ge­werk om die land droog te hou of om ek­stra grond uit die see vir land­bou­doel­ein­des te her­win.

’n Ge­deel­te van die land lê tot 6,7 m on­der see­vlak. Om dit te ver­mag, het die Ne­der­lan­ders die beste wa­ter­ken­nis ter wê­reld ont­wik­kel. Hul kun­di­ges kan an­der lan­de met wa­ter­pro­ble­me op e­ni­ge ge­ge­we oom­blik met raad en daad by­staan.

Al se­dert an­tie­ke tye is wind­meu­le ge­bruik as deel van wa­ter­be­stuur in Hol­land en selfs tot be­trek­lik on­langs was ’n paar van die so­wat 1 000 ge­skied­kun­di­ge wind­meu­le wat van­dag nog in Ne­der­land be­staan, steeds in ge­bruik.

Die so­wat 2 000 mo­der­ne wind­tur­bi­nes, meestal op wind­pla­se op­ge­rig, en e­lek­trie­se pom­pe het die ou­tyd­se meu­le die laas­te ja­re ver­vang.

’n Prag­ti­ge voor­beeld van die ou wind­meu­le soos dit vir hon­der­de ja­re ge­bruik is, is van­dag nog in die Suid-Hol­land-pro­vin­sie te sien.

Kin­der­di­jk is 15 km oos van Rot­ter­dam ge­leë en is in 1997 tot ’n wê­reld­er­fe­nis­ge­bied ver­klaar. Die ge­bied be­staan uit die groot­ste ver­sa­me­ling ou pol­der­drei­ne­ring-wind­meu­le wat nog in Ne­der­land oor is. Dié 19 hout­meu­le is in 1740 ge­bou om wa­ter uit een van die Al­blas­ser­waard­pol­ders te pomp. ’n Pol­der is ’n leeg­ge­pomp­te meer wat as land­bou­grond her­win kan word. Die Al­blas­ser­waard­streek is se­dert die 13de eeu on­op­hou­de­lik met oor­stro­mings ge­teis­ter en daar is on­der meer baie ka­na­le ge­bou om die oor­tol­li­ge wa­ter uit die pol­ders te hou. Dié wind­meu­le is la­ter ge­bou om met die groot taak te help.

Hoe­wel die wind­meu­le van Kin­der­di­jk se­dert 1950 nie meer in ge­bruik is nie, is hul­le nog in wer­ken­de toe­stand en kan e­ni­ge tyd as hulp­mid­del aan­ge­wend word in tye van nood. Die mo­der­ne e­lek­trie­se pomp­sta­sies het hier ook die plek van die ou meu­le in­ge­neem aan­ge­sien die ge­vaar van oor­stro­mings nooit hok­ge­slaan kan word son­der kor­rek­te wa­ter­be­stuur nie.

Die naam Kin­der­di­jk be­te­ken die­self­de in A­fri­kaans, naam­lik “kin­der­dyk”, wat “kin­der­wal” be­te­ken. Daar is ver­skeie ver­kla­rings en le­gen­des om die oor­sprong van dié naam te ver­dui­de­lik. Die een wat eg­ter voor­keur ge­niet dank­sy sy aan­gry­pen­de ver­haal, is die le­gen­de oor ’n kat en ’n ba­ba uit die 1400’s.

Ty­dens die e­nor­me St. E­li­sa­bethvloed in die nag van 18 en 19 No­vem­ber 1421 is die he­le toen­ter­tyd­se “Groo­te Hol­land­se Waard”, ’n land­bou- en woon­ge­bied op die grens van Suid-Hol­land en die Bra­bant-pro­vin­sie, oor­spoel. Aan­ge­sien dit die her­den­kings­da­tum van die ka­no­ni­se­ring van die hei­li­ge E­li­sa­bet van Hon­ga­rye was, is die na­tuur­ramp na haar ge­noem.

Bron­ne ver­skil oor ge­tal­le, maar dit blyk dat min­stens 72 kerk­ge­meen­skap­pe, waar­van 23 vol­waar­di­ge dor­pe, vir e­wig in die vloed ver­dwyn het. Dui­sen­de men­se, vee en an­der le­wen­de ha­we het ver­drink. Ty­dens op­gra­wings die af­ge­lo­pe 30 jaar kon daar hoog­stens van ’n hand­jie­vol dor­pe e­ni­ge te­ken ge­vind word – van die res van die dor­pe is nog net die naam be­kend.

In die Ri­jks­mu­seum in Am­ster­dam is 500 jaar oue hout­pa­ne­le waar­op die ver­skrik­li­ke ramp boei­end uit­ge­beeld is, te sien. Dit is deur ’n a­no­nie­me skil­der, wat ook ’n oog­ge­tuie van die ramp was, met o­lie­verf vas­ge­lê.

Om te­rug te keer na die ont­staan van die naam, Kin­der­di­jk: Na­dat die s­torm be­daar het, ge­waar ie­mand van ’n dyk af iets in die ver­te dob­ber. Toe dit na­der dryf, sien hy dat dit ’n hout­ba­ba­wie­gie met ’n kat in is. Dit lyk as­of die kat k­lein spron­ge­tjies uit­voer om die wie­gie te ba­lan­seer so­dat dit bly dryf. Toe die wie­gie na­by ge­noeg is, haal hul­le dit uit die wa­ter uit, net om te sien dat ’n ba­ba rus­tig en droog bin­ne-in lê en slaap. En “Kin­der­di­jk” kry sy naam.

Mil­joe­ne men­se van oor die wê­reld heen be­soek jaar­liks dié u­nie­ke plek, wat be­staan uit stap­roe­tes en fiets­paaie langs die wind­meu­le en ka­na­le ver­by. Fiet­se is by die in­gang te huur. Be­soe­kers kan dan in die meu­le self gaan kyk hoe die meu­le­naars en hul ge­sin­ne van daar­die tye ge­leef en ge­werk het, aan­ge­sien die ou­der­wet­se ge­boue tot hul vol­le glo­rie ge­re­stou­reer is, en nou prag­tig on­der­hou word. Kaart­jies is ook te koop vir ’n boot­rit op die ka­na­le – ’n gids lig die be­soe­kers in oor al­le in­te­res­sant­he­de van die ge­bied en dit kan ook ’n be­son­de­re er­va­ring wees.

Kin­der­di­jk, ’n le­gen­da­rie­se naam ge­vorm uit die ver­skrik­li­ke ge­beu­re uit die gry­se ver­le­de, maar tog ver­ge­stalt dié plek vir my ook die mens se deur­set­tings­ver­moë en ge­loof in die toe­koms, on­der wat­ter om­stan­dig­he­de ook al.

Fo­to’s: S­TE­PHA­NIE TUR­NER

’n Ry wind­meu­le in Kin­der­di­jk skep ’n prag­ti­ge prent­jie..

Wind­tur­bi­nes het die werk van wind­meu­le oor­ge­neem.

Voor in die meul, ag­ter die rat­te, is die kom­buis.

’n Piep­klein slaap­plek bin­ne ’n meul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.