S­che­v­e­nin­gen: kus­dorp met be­ko­ring

’n Hol­land­se strand­dorp met ’n tong­kno­per­naam aan die koue Noord­see spog met ’n he­le paar ver­ras­sings.

Beeld - - Ontspan - S­TE­PHA­NIE TUR­NER

As Suid-A­fri­ka­ner wat be­derf is met ’n klomp son­ry­ke stran­de was ek baie ge­ïn­te­res­seerd om uit te vind hoe op aar­de die Hol­lan­ders hul stran­de in hul weers­om­stan­dig­he­de sou be­nut. Heer­li­ke so­mer­dae is nie vol­op nie en wat ge­beur op koe­ler en y­si­ge dae?

Ek was baie op­ge­won­de toe ek die ge­leent­heid kry om dié kwes­sie nie net te gaan on­der­soek nie, maar ook ten vol­le te gaan be­leef, toe ek vir ’n paar maan­de in ’n ou­tyd­se vis­sers­hui­sie in S­che­v­e­nin­gen, ’n voor­stad van Den Haag, gaan woon het.

Die naam van die dorp is al in ge­skrif­te van 1280 ge­noem. Vir e­ni­ge na­sie, be­hal­we die Ne­der­lan­ders, is die uit­spreek van die naam “S­che­v­e­nin­gen” om­trent on­moont­lik, en tot my skan­de suk­kel ek nou nog! Die Hol­lan­ders spot graag hier­mee en ver­tel hoe die naam in die Twee­de Wê­reld­oor­log as ko­de­woord ge­dien het. Ver­al Duit­se spi­oe­ne is gou be­trap wan­neer hul­le die ‘Sch’ op die Duit­se ma­nier uit­spreek. Die kor­rek­te Hol­land­se uit­spraak is “Sgy­ve­nien­gen”.

Die lo­wer­groen S­che­v­e­nings­e­weg van 2,2 km is die pad wat die strand­dorp met sy moe­der­stad, Den Haag, ver­bind. As ’n mens ’n trem­rit on­der­neem, is dit ’n be­le­we­nis wan­neer die rooi trem sy weg stad toe baan on­der­deur die mooi bo­me en prag­ti­ge ou hui­se uit vo­ri­ge eeue.

Die pad is reeds in 1653 aan­ge­lê en as tol­pad ge­bruik tus­sen die ha­we en die stad. Ar­ge­o­lo­gie­se op­gra­wings in die 1980’s het on­ver­wags ’n breë Ro­mein­se kul­tuur­laag op­ge­le­wer waar­uit af­ge­lei is dat daar reeds se­dert die 3de eeu n.C. ’n Ro­mein­se mi­li­tê­re een­heid hier ge­sta­si­o­neer was.

Die hoof­ry­laan, Ge­vers Deynoot­weg, het tal­le trem- en bus­hal­tes, wat die win­kels, ban­ke en die stad met al sy be­siens­waar­dig­he­de mak­lik be­reik­baar maak. Die al­om­teen­woor­di­ge fiets­paaie bied ’n an­der al­ter­na­tief, aan­ge­sien jy ’n fiets kan huur vir mak­li­ke ver­ken­ning.

Die win­kel­straat, Kei­zer­straat, is die hart­klop van S­che­v­e­nin­gen. Dis prop­vol win­kel­tjies wat vars­ge­bak, kaas, blom­me en kle­re ver­koop. ’n Su­per­mark(ie), drank­win­kels, re­stau­ran­te, ban­ke en haar­sa­lon­ne is in die mooi­ste ou ge­boue ge­leë.

Die eer­ste groot ver­ras­sing aan die see­kant is die mo­der­ne bou­le­vard wat 2,6 km ver langs die strand aan­ge­lê is. Die strand is breed hier en die pro­me­na­de bied aan wan­de­laars, draw­wers en fiets­ry­ers die ge­leent­heid om ver en­te in die vars see­lug te stap, draf of ry. Dié ak­ti­wi­tei­te word dwars­deur die jaar be­oe­fen – in die len­te en so­mer be­slis meer as in die kou­er tye, maar selfs in die win­ter sal jy steeds ge­jas en ge­serp hier kom stap, net om by die naas­te eet­plek in te glip vir vuur­warm ka­kao voor ’n kag­gel.

Die twee­de ver­ras­sing was die fe­no­meen “strand­tent”. Vroeg­len­te stap jy nog die een aand op die bou­le­vard met die breë wit strand ver­la­te aan die een kant, net om die vol­gen­de og­gend ver­baas op te merk daar is oor­nag ’n streep strand­ten­te op­ge­rig. El­ke jaar word do­sy­ne van die mooi­ste eet­plek­ke, kroeë, en kui­er­plek­ke bin­ne dae hier op die sand van die S­che­v­e­nin­gen­strand op­ge­rig. Dan we­mel dit van die kleur­vol­le re­stau­ran­te met elk ’n eie ka­rak­ter en te­mas van Zen tot Ku­baans.

Al­les word op aan­een­lo­pen­de hout­dek­ke ge­bou en jy kan van plek tot plek die uit­stal­spys­kaar­te be­kyk en jou bui­te of bin­ne lui­lek­ker tuis­maak op groot lê­ban­ke en om gas­vlam­me­tjies waar­op jy jou eie vlei­sie op ’n giet­ys­ter­plaat kan gaar­maak. Jong men­se van oor die he­le wê­reld heen kom werk hier in die kort so­mer­sei­soen.

So­dra herfs sy wa­re k­leu­re be­gin toon, hard­loop jy nog een og­gend gou oor vir ’n kof­fie­tjie, net om te sien dat die ten­te oor­nag af­ge­breek is. Dan weet ’n mens, die win­ter lê voor.

Die strand­ge­deel­te het ver­al t­wee uit­staan­de ba­kens: die Kur­haus­ho­tel wat se­dert 1886 ’n land­merk hier is en die in­druk­wek­ken­de S­che­v­e­nin­gen­pier wat nou ’n ver­leent­heid vir die stad ge­word het weens sy ver­val.

’n V­lie­ër­kom­pe­ti­sie, die vuur­werk­wê­reld­kam­pi­oen­skap en Vlag­ge­tjes­dag, die dag wat die ha­ring­sei­soen amp­te­lik in­lei, is ’n paar van die ge­reel­de jaar­lik­se aan­bie­dings in dié ha­we­ge­bied. Dan word daar be­hoor­lik op eg Ne­der­land­se wy­se fees­ge­vier en ge­kui­er, koud of nie.

Hoog­so­mer is dit ’n strand soos e­ni­ge an­der. Daar word ge­swem, bal ge­gooi, sand­kas­te­le ge­bou en die bran­der­plan­ke en -v­lie­ërs is vol­op in die gol­we.

Kou­er dae sien ’n mens steeds hon­der­de men­se hier met kin­ders, dik aan­ge­trek, of hon­de, ook met jas­sies aan. Die eet­plek­ke is dan stamp­vol met men­se ag­ter glas met hul ge­sig­te na die yl son­ne­tjie ge­draai en met sto­men­de drink- en lek­ker Hol­land­se eet­goed soos “ap­pel­f­lap” en slag­room of pof­fer­tjies met ver­sier­sui­ker voor hul­le.

Die kuns­mu­seum Beel­den aan Zee is be­kend vir sy u­nie­ke beeld­hou-uit­stal­lings, nie net bin­ne die ge­bou nie, maar o­ral op die bou­le­vard. Die A­me­ri­kaan­se beeld­hou­er Tom Ot­ter­ness se ko­mie­se spro­kies­beel­de op die bou­le­vard is ont­werp om kin­ders te be­koor, en die kind in my kan nie ge­noeg daar­van kry nie.

Die roe­rend­ste aan­trek­lik­heid is se­ker­lik “De Vis­sers­vrouw”. Dié brons­beeld van ’n vrou wat oor die see staar en haar man in­wag, is tref­fend en u­ni­ver­seel. Die beeld, deur die Ne­der­land­se e­del­smid en beeld­hou­er Ge­r­ard Bak­ker, is in 1982 deur die eer­tyd­se ko­nin­gin Be­a­trix ont­hul. El­ke jaar vind daar ’n krans­leg­ging plaas vir ie­de­re vis­ser­man wat sy le­we ter see ver­loor het.

Bui­te­lan­ders kan nou wel nie “S­che­v­e­nin­gen” reg uit­spreek nie, en die son is meestal maar ef­fen­tjies hier, tog sal elk­een wat al die voor­reg ge­had het om die ka­rak­ter en at­mos­feer van dié dorp aan eie lyf te er­vaar, diep te­vre­de ge­laat word. .

Be­soek den­haag.com/en/s­che­v­e­nin­gen.

Fo­to: iSTOCK

Die Kur­haus­ho­tel is een van die uit­staan­de ba­kens van die pro­me­na­de in S­che­v­e­nin­gen, Hol­land.

Fo­to: S­TE­PHA­NIE TUR­NER

’n Roe­ren­de beeld­hou­werk, “De vis­sers­vrouw”, deur die Ne­der­land­se e­del­smid en beeld­hou­er Ge­r­ard Bak­ker.

Fo­to: S­TE­PHA­NIE TUR­NER

’n Boot met kleur­vol­le vlag­gies lê in die ha­we op Vlag­ge­tjes­dag, die dag wat die ha­ring­sei­soen amp­te­lik in­lei.

Fo­to: iSTOCK

Die breë, mo­der­ne pro­me­na­de lok be­dags en snags stap­pers, draw­wers en fiets­ry­ers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.