Op soek na die wa­re Vin­cent

Mil­joe­ne aan­han­gers van oor die wê­reld heen het Ne­der­land ver­le­de jaar be­soek om te deel in die op­win­ding van die Vin­cent van Gogh­fees­jaar (hy is 125 jaar ge­le­de oor­le­de). Skryf ’n be­soek aan die Kröl­ler­M­ül­ler­mu­seum in Gel­der­land op jou em­mer­skop­ly­sie

Beeld - - Front Page - STEPHANIE TURNER @Leef­styl24 As jy meer oor Van Gogh wil weet, maak ’n draai by die Van Gogh­mu­seum in Am­ster­dam.

Se­dert my tie­ner­ja­re het die be­ken­de Ne­der­land­se skil­der Vin­cent van Gogh reeds ’n groot in­druk op my ge­maak – e­ner­syds oor die dra­ma­tie­se af­sny van sy oor, wat vir ’n tie­ner lek­ker re­bels klink, maar an­der­syds ook oor sy baan­bre­ker­kuns­styl waar­in hy af­ge­wyk het van die norm. Daar­by het die mee­sleu­ren­de bal­la­de “Vin­cent” van Don M­cLe­an al se­dert 1971 har­te ge­steel met sy in­val­stro­fe “S­tar­ry, s­tar­ry nig­ht…”

Bo­ge­noem­de re­des om van die skil­der te hou, kan dalk as baie kin­der­lik, oor­dre­we ro­man­ties of heel­te­mal te e­mo­si­o­neel be­skou word, maar is kuns nie maar in elk ge­val e­mo­si­o­neel en diep per­soon­lik nie?

Dit het ek my­self (geen kuns­ken­ner nie) die dag af­ge­vra toe ek en my we­der­helf die 128 km van­af Den Haag na De Ho­ge Ve­lu­we Na­si­o­na­le Park in die Gel­der­land-pro­vin­sie in Ne­der­land aan­ge­pak het, met die een oog­merk om die Kröl­ler-M­ül­ler-mu­seum in die park te gaan be­soek.

En dalk, net dalk, sou ons ons ge­lief­de skil­der nog bie­tjie be­ter leer ver­staan . . .

Dié mu­seum, wat in 1935 deur die kuns­ver­sa­me­laar He­le­ne Kröl­ler-M­ül­ler ge­stig is, is van groot be­te­ke­nis in die kuns­wê­reld en stal on­der meer wer­ke van Mo­net, Seurat en Pi­cas­so uit.

Sy groot­ste waar­de lê eg­ter daar­in dat dit die twee­de groot­ste Van Gogh-ver­sa­me­ling in die wê­reld huis­ves. On­ge­veer 90 skil­de­rye en 180 van sy sket­se en te­ke­nin­ge word hier uit­ge­stal. (Die groot­ste ver­sa­me­ling word na­tuur­lik in die be­ken­de Van Gogh-mu­seum in Pau­lus Pot­ter­straat, Am­ster­dam, ge­huis­ves.)

Die Kröl­ler-M­ül­ler-mu­seum is ge­leë in ’n prag­ti­ge groen na­tuur­ge­bied, waar jy skug­ter bruin her­te, vos­se en bos­var­ke sal kan sien, as jy ge­luk­kig is.

Jy kan die om­ge­wing per mo­tor ver­ken of ’n fiets huur en so­doen­de die groen wou­de en vars lug ten vol­le in­drink.

Die mooi ou “jacht­slot” of “hun­ting lod­ge” van ouds – dees­dae met ’n paar eet­plek­ke en ’n groot be­soe­ker­sen­trum prop­vol in­te­res­sant­he­de oor die om­ge­wing – is ook op die ter­rein te vin­de.

Die mu­seum­ge­bou staan in een van Eu­ro­pa se groot­ste beeld­hou­tui­ne met beel­de van be­lang­ri­ke kuns­te­naars soos Au­gus­te Ro­din, Hen­ry Moo­re en an­de­re, al­les in die prag­ti­ge tuin­om­ge­wing uit­ge­stal. Ons het eers deur die geu­ri­ge vars­heid van die beel­de­tuin ge­wan­del en in die kof­fie­tuin iets te drin­ke gaan ge­niet, voor­dat ons, al heel on­ge­dul­dig, die mu­seum bin­ne is.

Ons was vin­nig diep on­der die in­druk van die wer­ke van Van Gogh wat daar uit­ge­stal word. Van die mooi­stes vir my was die Café­ter­ras bij nacht, Vier uit­ge­bloei­de zon­nen­bloe­men en Meisje in het bos, maar eint­lik te veel om te noem. Sy wer­ke ont­roer ’n mens nou maar net een­maal, ek veg nie eens meer daar­teen nie.

Toe ons la­ter deur die ge­bied met sy ma­gie­se bos­paad­jies ry, deur die dorp Ot­ter­lo met sy straat­jies wat on­der­deur Vin­cent-ba­nie­re kron­kel, tot te­rug op die snel­weg, was my siel prop­vol kleur­vol­le én don­ker­der

Steeds op soek na die wa­re Van Gogh, be­vind ons ons ’n paar dae la­ter, heel op­ge­won­de, op die trein van­af Den Haag na Am­ster­dam. Die Van Gogh-mu­seum, waar die be­faam­de skil­der se na­la­ten­skap aan die wê­reld in 2015 op ver­skil­len­de wy­ses ge­vier is, was dié keer ons be­stem­ming.

Uit vo­ri­ge be­soe­ke het ons groot waar­de­ring ge­kry vir dié u­nie­ke mu­seum, wat so in­ge­rig is dat ’n mens saam met Vin­cent in sy skil­der­ja­re se spo­re kan stap – van sy eer­ste in­vloe­de af tot die laas­te, toe hy werk­lik tot sy vol­le po­ten­si­aal ge­kom het.

Van die kuns­wer­ke kan jou so aan die hart gryp dat jy ge­du­rig moet tra­ne af­vee. Sy ont­roe­ren­de sket­se, por­tret­te van men­se, sy be­roem­de son­ne­blom­me, tal­le self­por­tret­te, a­man­del­bloei­sels, i­ris­se en stil­le­wes ver­tel die ver­haal van ’n ge­ni­a­le man wat nie in sy eie tyd as so­da­nig er­ken is nie.

Om die 125 jaar se­dert sy dood te vier het die mu­seum sy nu­we in­druk­wek­ken­de in­gang van glas reeds in Sep­tem­ber 2014 amp­te­lik ge­o­pen en is daar met ons be­soek ’n spe­si­a­le Mun­chVan Gogh-uit­stal­ling aan­ge­bied. Op tref­fen­de wy­se word ver­ge­ly­kings tus­sen die twee skil­ders (Ed­vard Munch en Vin­cent van Gogh) ge­tref: Twee soort­ge­ly­ke wer­ke word langs me­kaar uit­ge­stal en die be­soe­ker kan dan oor­een­koms­te al dan nie waar­neem.

Vir my per­soon­lik bly Van Gogh nou maar een­maal bo­baas.

Hoe­wel dit jam­mer is dat waar­skyn­lik sy be­kend­ste skil­de­ry, De ster­ren­he­mel, nie in Ne­der­land te sien is nie (dit is se­dert 1941 in die Mu­seum of Mo­dern Art in New York), was ons tog so ge­luk­kig om sy an­der tref­fen­de ster­re­nag­to­neel, S­ter­ren­nacht bo­ven de R­hô­ne, dié keer in Am­ster­dam, te sien te kry. Die prag­ti­ge en tref­fen­de skil­de­ry is spe­si­aal vir 2015 se vie­rin­ge by die Pa­ry­se Musée d’Or­say ge­leen.

Van Gogh het dit in 1888 in ska­ke­rings van don­ker­blou en geel o­lie­verf op doek vas­ge­lê en dit is in een woord prag­tig!

’n Skil­der en broer

Af­ge­sien van sy kuns­wer­ke gryp die postim­pres­si­o­nis­tie­se skil­der se le­we ’n mens ook aan. So by­voor­beeld kan jy nie die man se psi­gie­se ly­ding en wroe­ging weg wens nie, maar die tra­gie­se staan in juk­sta­po­si­sie met die be­son­der­se broe­der­lief­de wat Vin­cent en sy jon­ger broer, T­heo, vir me­kaar ge­had het.

Van hul brie­we aan me­kaar word ook in die on­der­skeie mu­seums ver­toon.

Nie net het T­heo vir Vin­cent aan­ge­raai om skil­der te word nie, maar hy het hom ook sy le­we lank ge­fi­nan­sier. T­heo wou deu­ren­tyd sy broer in sy eie ta­lent en hom­self laat glo, maar het as kuns­han­de­laar be­slis be­sef dat Vin­cent se kuns­wer­ke wérk­lik waar­de­vol was, al het die wê­reld dit nog nie na waar­de ge­skat nie.

Hy het hom ook ten al­le tye by­ge­staan, ver­al toe hy in ’n laag­te­punt sy een oor af­ge­sny het.

Op 27 Ju­lie 1890 het Vin­cent hom­self na be­we­ring in die bors ge­skiet, en hoe­wel die koe­ël sy hart ge­mis het, het hy 29 uur la­ter aan in­fek­sie ge­sterf. Hy was net 37 jaar oud. Daar word in se­ke­re krin­ge be­spie­gel of hy hom ooit werk­lik self ge­skiet het, aan­ge­sien geen vuur­wa­pen by hom ge­vind is nie. Daar is spra­ke van twee seuns wat hom per on­ge­luk kon raak­ge­skiet het, maar geen uit­sluit­sel hier­oor is be­skik­baar nie.

Heel ver­ras­send sterf die bloed­jong T­heo (34) slegs ses maan­de la­ter ook, son­der om ooit sy broer se pos­tu­me suk­ses te kon mee­maak. Hy word la­ter langs Vin­cent in Au­vers-surOi­se in Frank­ryk be­gra­we. Broers by­me­kaar vir e­wig.

Se­ker die hart­seer­ste van al­les, soos al­le Vin­cent-aan­han­gers maar al­te goed weet, is dat hy in sy leef­tyd slegs één skil­de­ry ver­koop het.

Die skil­de­ry, De ro­de wi­jn­gaard, is vir slegs 400 frank ver­koop. Van­dag word sy wer­ke, saam met dié van Pi­cas­so en Cé­zan­ne, teen die hoog­ste pry­se ter wê­reld ver­koop. Chris­tie’s in New York het in 1990 sy skil­de­ry

LEEFSTYL

29

Por­tret van dr. Ga­chet teen $152 mil­joen in van­dag se geld­waar­de ver­koop!

Was Vin­cent maar net ’n aan­dag­soe­ker, ’n smart­vraat? Was hy werk­lik gees­te­lik on­wel of was hy bloot ’n fyn­be­snaar­de ge­nie wat ge­smag het na er­ken­ning en lief­de? Wie was Vin­cent werk­lik? Te­rug in Suid-A­fri­ka het ek ein­de­lik vre­de ge­maak met die feit dat ek die “wa­re” Vin­cent se­ker nooit in my leef­tyd sal vind nie.

Sy oor­vloe­di­ge na­la­ten­skap, eg­ter, ver­ryk nie net die wê­reld nie, maar my siel ook. Dan­kie, Vin­cent, dit maak my tog diep ge­luk­kig . . .

Be­soe­kers stroom na die Kröl­ler­M­ül­ler­mu­seum.

NER Foto’s: STEPHANIE TUR­

Kyk mooi en jy sien dalk een van dié skaam ou­tjies in die park raak.

Daar is ve­le fiet­se te huur om die park mee te ver­ken.

’n Kuns­werk in die park.

Van Gogh se tref­fen­de Self­por­tret.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.