G­reg K­riek – die wê­reld vol

En die rol­le rol in ...

Beeld - - Vrydag! -

Ek het be­sef die reis is baie be­lang­ri­ker as die be­stem­ming en dat die ver­le­de ons nie de­fi­ni­eer nie. Dit is wat ons doen met die he­de wat be­lang­rik is.

Hy het nie ’n en­ke­le plant in sy woon­stel in Ba­ko­ven in Kaap­stad nie. Hy is so min by die huis, ver­dui­de­lik hy, dat nie eens ’n kak­tus sal oor­leef nie. Dit lyk ook nie of die ak­teur bin­ne­kort ’n draai by die kwe­ke­ry sal kan maak nie, want sy dag­boek is be­hoor­lik vol.

“Ons is steeds be­sig met die ver­fil­ming van The Recce en was die af­ge­lo­pe maand o­ral­oor – van die Oos-Kaap, daar­na Wor­ces­ter en Clan­wil­li­am tot by Ker­se­fon­tein aan die Na­mi­bie­se grens.”

In dié lief­des­ver­haal wat in die 70’s bin­ne die raam­werk van die G­rens­oor­log af­speel, ver­tolk K­riek die rol van Henk Vil­joen. Henk word diep ag­ter die kap­lyn in­ge­stuur en moet nood­ge­dwon­ge sy swan­ger vrou (Chris­tia Vis­ser) by die huis los om ’n kor­rup­te ge­ne­raal (Ma­ri­us Wey­ers) se vuil werk te doen.

Die ka­rak­ter ver­dwyn op sy sen­ding en moet al sy vaar­dig­he­de in­span om te oor­leef. Al is oor­log ver bui­te die ver­wy­sings­raam­werk van die 28-ja­ri­ge K­riek, kan hy tog met Vil­joen i­den­ti­fi­seer. Die af­ge­lo­pe paar jaar was K­riek self in ’n per­soon­li­ke veld­slag of twee ge­wik­kel, maar la­ter meer hier­oor.

“Ek het dit vrees­lik ge­niet om na­vor­sing te doen vir die rol en weer be­sef hoe ’n sen­si­tie­we saak die g­rens­oor­log steeds is. Ek het op ’n vlieg­tuig langs ’n oud-recce be­land en maak nie saak wat jou ge­voe­lens oor die G­rens­oor­log is nie, daai ou­ens was hel toe en te­rug. Dis vir my on­ge­loof­lik be­lang­rik om die rol met waar­dig­heid en ak­ku­raat­heid aan te pak.

“Ek het spe­si­a­le mi­li­tê­re op­lei­ding ont­vang, ge­leer hoe om met wa­pens te werk, spe­si­a­le perd­ry­les­se ge­kry en ook op­lei­ding in ge­vegs- en bos­kuns.”

The Recce sal la­ter in 2017 uit­ge­reik word, maar dit is net een van ’n rits rol­pren­te met K­riek in die rol­ver­de­ling wat vol­gen­de jaar uit­ge­reik gaan word.

Oor don­ker en lig

In Tess, wat handel oor ’n pros­ti­tuut wat haar le­we pro­beer te­rug­eis, ver­tolk hy die rol van die hoof­ka­rak­ter (Chris­tia Vis­ser) se stief­pa in haar jon­ger ja­re. “Dis die don­ker­ste ka­rak­ter wat ek nog ver­tolk het, maar dis vir my ’n groot voor­reg om in­di­rek my klein deel­tjie in die stryd teen vrou­e­mis­han­de­ling te kon by­dra.

“Ek en Chris­tia speel ook saam in die zom­bie-fliek Last O­nes Out, wat die af­ge­lo­pe jaar op ver­skeie rol­prent­fees­te ver­toon is en in Fe­bru­a­rie uit­ge­reik word. Die ril­ler­gen­re is be­trek­lik nuut in Suid-A­fri­ka en dit was lek­ker om be­trok­ke te wees by ’n pro­jek wat on­ge­ken­de wa­ters toets,” sê hy.

K­riek sal ook in die vol­gen­de paar maan­de te sien wees in By­pass, ’n in­ter­na­si­o­na­le prent wat oor die handel in or­ga­ne handel. Hy speel een van die hoof­rol­le en deel die skerm met on­der an­de­re Ha­keem Kae-Ka­zim, wat in Pi­ra­tes of the Ca­rib­be­an ge­speel het.

En steeds is dit het ein­de niet. K­riek is ook deel van die rol­ver­de­ling van die ko­me­die Van der Mer­we met Rob van Vuur­en in die hoof­rol. Hy ver­tel dat al­mal wat “iets” in die be­dryf is, in dié lek­ker­lag­prent ge­sig wys.

“Van der Mer­we pro­beer klip­hard om sy dog­ter (Rei­ne Swart) met mý ka­rak­ter te laat trou, maar sy stel glad nie be­lang nie. Dit was groot pret en ek het dit ver­skrik­lik ge­niet om saam met Rob te werk. Hy is flip­pen snaaks en kan im­pro­vi­seer soos nie­mand wat ek nog ge­sien het nie.”

In die A­me­ri­kaan­se Half Gi­r­lf­riend, ’n ro­man­tie­se ko­me­die met Ar­jun Kapoor in die hoof­rol, speel hy die rol van ’n on­der­soek­be­amp­te wat die le­we moei­lik maak vir die hoof­ka­rak­ter, ter­wyl hy in rol­prent nom­mer se­we, The Ro­ar, wat in Ju­nie uit­ge­reik word en in die Bos­veld en in A­me­ri­ka af­speel, in die skoe­ne van ’n re­nos­ter­stro­per klim.

Glad nie sleg vir ’n man wat ’n paar jaar ge­le­de nog ge­twy­fel het oor ’n loop­baan in die to­neel­be­dryf nie.

Hoog­ste bo­me kry mees­te wind

Hy is ’n e­nig­ste kind wat er­ken dat hy nie die mak­lik­ste kin­der­ja­re ge­had het nie. Hoof­seun, dux­leer­ling en kap­tein van die hok­kie­span, maar in sy bin­ne­ste was hy ’n on­se­ker jong man wat sy e­mo­sies on­der­druk het en lank na sy eie stem ge­soek het.

“Daar was ver­wag­tin­ge dat ek ’n dok­ter moes word, maar uit­ein­de­lik het ek BCom stu­deer en in my fi­na­le jaar ’n in­tern­skap in A­me­ri­ka by ’n pro­duk­sie­maat­skap­py gaan doen. Din­ge het net in plek ge­val, maar ek moes te­rug­keer toe my ma siek ge­word het.

“Dit het eg­ter din­ge vir my in per­spek­tief ge­plaas. Die le­we is te kort om nie jou hart te volg nie.

“My Ca­mi­no-stap ver­le­de jaar het my ook ge­help om ou spo­ke te be­gra­we. Ek het be­sef die reis is baie be­lang­ri­ker as die be­stem­ming en dat die ver­le­de ons nie de­fi­ni­eer nie. Dit is wat ons doen met die he­de wat be­lang­rik is.”

Ná sy te­rug­keer uit A­me­ri­ka het K­riek aan­vank­lik as re­gis­seur en ver­vaar­di­ger by Top Bil­ling ge­werk, ook as me­de­ver­vaar­di­ger vir Fox Films en hy het ’n tyd lank sy eie pro­duk­sie­maat­skap­py be­dryf.

Sy eer­ste hoof­rol was in die gees­te­li­ke prent Born to Win. daar­na het Mooi­ri­vier ge­volg en toe die in­ter­na­si­o­na­le we­ten­skaps­fik­sie reeks Do­mi­ni­on.

In ’n Man soos my pa het hy sy eer­ste hoof­rol in ’n A­fri­kaan­se prent ver­tolk.

K­riek is ui­ters dank­baar vir die ge­leent­he­de wat tot dus­ver op sy pad ge­kom het en hoop dat hy nog lank voor én ag­ter die ka­me­ra sy kant kan bring, maar be­klem­toon dit is vir hom ui­ters be­lang­rik om ook deur­lo­pend by ge­meen­skaps­pro­jek­te be­trok­ke te wees.

“Dit gaan be­slis nie net oor G­reg K­riek wat een­dag ’n Os­car wil wen nie. E­ni­ge suk­ses sal leeg en nut­te­loos voel as ek nie aan die ge­meen­skap kan te­rug­gee nie,” sê die ak­teur wat bin­ne­kort be­gin met die ver­fil­ming van ’n VVC-reeks, O­ri­g­ins, wat handel oor die oor­sprong van die mens.

Vir ont­span­ning ry hy fiets of sit by die huis en tok­kel op sy ki­taar.

“Maar ek kan jou waar­borg daar gaan nie bin­ne­kort ’n CD uit­kom nie!” sê hy.

K­riek was die af­ge­lo­pe jaar vier keer strooi­jon­ker op vrien­de se trou­es, maar hy is al ’n ge­rui­me tyd ’n los­lo­per.

“Ek glo my tyd sal kom. Ho­pe­lik sal sy ie­mand wees met ’n groot hart en ’n sterk ka­rak­ter, ver­kies­lik nie ’n ak­tri­se of ’n mo­del nie – been the­re, do­ne that, got the T-shirt.” En sy moet nie om­gee dat hy Nu­tel­la som­mer so met die vin­ger uit die pot eet nie.

“Ek wil graag een­dag ’n pa wees, ’n her­ders­hond hê, leer seil en pro­beer uit-fi­gu­re hoe­kom die Bok­ke so swak speel. Ek is maar net ’n ge­wo­ne ou, jong, wat so lank as moont­lik mo­vies wil maak.”

G­reg K­riek. The Recce is net een van ’n string flieks waar­in hy speel wat vol­gen­de jaar uit­ge­reik word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.