Sopraan Zan­ne nou blon­de ma De Lan­ge

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

Sy is am­per on­her­ken­baar met haar kort, blon­de kap­sel en die o­pe­ra­san­ge­res wat be­kend­heid ver­werf het as Zan­ne S­ta­pel­berg voel ook soos ’n an­der mens.

As Zan­ne de Lan­ge speel sy nou heel­tyds die rol van vrou en ma en sy sing net wan­neer dit haar ge­luk­kig maak en nie in­breuk maak op haar ge­sins­le­we nie.

“Ek gaan in my le­we nooit weer e­ni­ge beeld voor­hou nie,” sê die san­ge­res.

Sy was nog al­tyd lus vir blon­de ha­re, maar sy het ’n beeld ge­had as die o­pe­ra­san­ge­res met die lang, don­ker ha­re.

“Toe ek be­sef ek is nie meer net die o­pe­ra­san­ge­res Zan­ne S­ta­pel­berg nie, maar ek is ook vrou en ma Zan­ne de Lan­ge toe dink ek ek kan maar kort, blon­de ha­re hê!”

Haar agt­ja­ri­ge seun­tjie, A­lex­an­der, het haar ge­vra waar­om sy nie die­self­de van as die res van die ge­sin het nie en van­daar die naams­ver­an­de­ring. Haar dog­ters, Ma­ja en Ka­tin­ka, is on­der­skei­de­lik vyf en twee jaar oud.

Sy het kort ná al haar kin­ders se ge­boor­te be­gin werk. “Dit het my te lank ge­vat om ag­ter te kom ek moes dit nie ge­doen het nie. Toe be­sluit ek Sep­tem­ber ver­le­de jaar dis nou klaar. Ek is in die eer­ste plek ’n ma.”

Zan­ne en haar man, Jo­mar, het im­mers al toe sy 16 en hy 18 was hul kin­ders se na­me uit­ge­kies. Hul­le vier op 16 De­sem­ber hul 15de hu­we­liks­her­den­king.

De Lan­ge hou haar­self nou be­sig as be­oor­de­laar by die Ty­ger­berg-ei­stedd­fod, is be­trok­ke by Kuns­te­kaap se uit­reik­pro­jek en is be­skerm­vrou en me­di­a­ska­kel-per­soon by Mag­da­le­na­huis.

Sy meen die groot­ste pro­bleem in Suid-A­fri­ka is on­ver­ant­woor­de­li­ke ou­er­skap en sy is gees­drif­tig daar­oor om men­se be­wus te maak van Mag­da­le­na­huis, ’n be­skerm­sen­trum wat al 114 jaar oud is.

Die sen­trum was voor­heen ’n te­huis vir on­ge­hu­de ma’s waar­heen ma’s met on­be­plan­de swan­ger­skap­pe kon gaan om uit die oog van die sa­me­le­wing te kom. Van­dag bied hul­le on­der­steu­ning en be­ra­ding deur ’n dag­sorg­pro­gram vir e­ni­ge ma met ’n kri­sis­swan­ger­skap. Hul­le help ook met aan­ne­mings en om kin­ders met hul bi­o­lo­gie­se ou­ers te her­e­nig.

De Lan­ge het op Kuns­te­kaap se uit­reik­kon­ser­te ge­sien hoe arm kin­ders in die plat­te­land “deur ho­pe­loos­heid oor­wel­dig” word en be­sef hoe vin­nig ’n mens ’n ver­skil kan maak deur aan hul­le te sê hul­le “kan ook iets won­der­liks met hul le­we doen”.

“Dit vat so ’n klein din­ge­tjie om ’n klein men­sie te laat glo hul­le is iets werd.”

Toe ek be­sef ek is nie meer net die o­pe­ra­san­ge­res Zan­ne S­ta­pel­berg nie, maar ek is ook vrou en ma Zan­ne de Lan­ge, toe dink ek ek kan maar kort, blon­de ha­re hê! — ZAN­NE DE LAN­GE

As die o­pe­ra­san­ge­res Zan­ne S­ta­pel­berg was sy be­kend vir haar lang, don­ker ha­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.