SA’er pak Nes­pres­so met pre­mi­um boe­re­troos

Beeld - - Sake -

Hier is wat jy ver­on­der­stel is om te doen as jy in be­sit is van die wê­reld se bes­te kof­fie­bo­ne: Maak jou eie vars kof­fie­moer vir el­ke kop­pie en drink dit so vin­nig as moont­lik.

Be­rei dit voor met toe­rus­ting wat ’n fil­ter en ’n tyd­klok­kie ver­eis en jou soos ’n wa­re hip­ster laat voel.

Of . . . jy gooi dit net in jou Nes­pres­so-ma­sjien en druk ’n knop­pie.

Dit is die i­dee ag­ter die nu­we kof­fie­win­kel en -kap­su­le­maat­skap­py Co­co Sa­far, wat ge­stig is deur ’n Kaap­se han­dels­naam­ken­ner na­dat Nes­pres­so se pa­tent vir sy kap­su­les in 2011 ver­val het.

“Die bes­te kof­fie word steeds met die hand ge­maak,” er­ken Wil­helm Lie­ben­berg, me­de­stig­ter van Co­co Sa­far. “Maar wan­neer klan­te die vlak van uit­voe­ring sien wat ons met kof­fie in die al­ge­meen het, dan is hul­le ewe skie­lik meer toe­gank­lik tot die kap­su­les.”

Die skep van ’n vol­le­di­ge er­va­ring is die e­nig­ste ma­nier hoe Lie­ben­berg Suid-A­fri­ka­ners sal oor­tuig dat sy kof­fie­kap­su­les die moei­te werd is. Hy be­dien dus dran­kies wat die “spel ver­an­der” soos koue ge­brou­de Rooi­bos­tee en skui­me­ri­ge Rooi­bos-“flat whi­tes”.

Sy ba­ris­tas dra lin­ne­pak­ke en hy het vir Kees van der We­sten, ’n be­ken­de ba­ris­ta, ge­kry om ’n eks­klu­sie­we es­pres­so-ma­sjien te ont­wik­kel so­dat el­ke cap­puc­ci­no en mac­chi­a­to niks min­der as per­fek is nie.

’n Goeie 80% van klan­te wat sy kof­fie­kap­su­les proe, koop dit uit­ein­de­lik, sê hy, en hul­le be­stee so­veel as R1 400 aan ’n boks van 24 kap­su­les van Bra­si­li­aan­se “café de ca­ractè­re.”

Ook ge­wild is die Rooi­bosteekap­su­les, die eer­ste in hul soort. Voeg daar­by ’n meer be­kos­tig­ba­re reeks van ge­meng­de­kof­fie-kap­su­les – elk­een ge­noem na ’n an­der stad of dorp – en Lie­ben­berg het in sy eer­ste kwar­taal so­wat R3,5 mil­joen se ver­ko­pe ge­had

Die re­vo­lu­sie het pas be­gin. Lie­ben­berg se eer­ste klein­han­del­win­kel het in Au­gus­tus in Ca­ven­dish S­qua­re in Kaap­stad ge­o­pen. Die plan is ook om vroeg in 2017 aan­lyn te be­gin ver­koop en ook om ’n kof­fie­ma­sjien be­kend te stel wat met Nes­pres­so kan mee­ding.

Lie­ben­berg hoop om voor vol­gen­de jaar De­sem­ber ’n kof­fie­win­kel in Jo­han­nes­burg te o­pen en dan wil hy uit­brei na Los An­ge­les, New York, Mi­a­mi, To­kio en Mex­i­ko­stad.

Jy kan be­slis pre­mi­um kof­fie kry uit jou ge­mid­del­de kof­fie­ma­sjien by die huis, sê Lie­ben­berg, so­lank as wat elk­een in die waar­de­ket­ting – van boer tot meu­le­naar tot kof­fie­roos­ter – hul deel doen om ge­hal­te te be­heer. Wat Co­co Sa­far doen, ver­dui­de­lik hy, is om pre­mi­um kof­fie wat be­ter is as ooit te­vo­re be­skik­baar te maak aan ver­brui­kers wat ge­rief en toe­gank­lik­heid soek.

Fo­to: CO­CO SA­FAR

‘n Ba­ris­ta van Co­co Sa­far be­dien ’n kli­ënt in dié Kaap­se ko­nink­ryk van kof­fie­ka­pi­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.